Vlugtendes loop rieme styf Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 19 September 2020 07:02
Untitled Document

Vlugtende verdagtes is op 1 September vasgetrap ná ‘n wilde jaagtog deur Garsfontein. Die jaagtog het tot ‘n einde gekom weens ‘n ongeluk op die hoek van Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) en Atterburyweg.

‘n Inwoner van Delfirylaan in Garsfontein het vir Bull Security laat weet van ‘n inbraak. Reaksie-offisiere het die verdagte voertuig, ‘n swart Toyota Corolla, van die pad afgetrek, maar toe die offisiere nader stap, het die voertuig weggejaag.

Die reaksie-voertuig is agterna en die Toyota het oor ‘n rooi verkeerslig gery, wat ‘n botsing met twee ander voertuie tot gevolg gehad het.

Volgens Casper Visser van Volunteer Emergency Medical Response Unit (Vemru) het die ander motoriste ligte beserings opgedoen, is op die toneel behandel en hospitaal toe geneem vir observasie.

Die drie verdagtes is nie beseer nie. Hulle is deur die Garsfonteinse Polisie in hegtenis geneem en aangekla van inbraak, die besit van huisbraak-toerusting en vermoedelik gesteelde goedere en nalatige bestuur.

Twee plasma televisiestelle, twee elektroniese tablette en ‘n plastiese speelgoed pistool is ook in hulle besit gevind.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger