Mooiplaats-aanval eis Werner se lewe Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 19 September 2020 07:01
Untitled Document

Werner de Bruin, 33 jaar oud, is op 20 Augustus in ‘n kleinhoewe-aanval op Mooiplaats doodgeskiet.

Werner se lewensmaat, Charlotte Freeman, hulle driejarige seuntjie en Charlotte se agtjarige kleinseun het die aanval op plot 59, Korhaanweg oorleef. Werner en Charlotte het vir die veearts, dr Ockert Botha aan wie die eiendom behoort, gewerk.

Werner het om 1:30 vm geraas by die voordeur gehoor. ‘n Man het die deur probeer oopbreek, en daar was ‘n struweling toe Werner hom probeer terugskop het. Charlotte het hulle buurman, Wynand van der Merwe, ‘n beampte by die Boschkop-polisiestasie, gebel om te gaan help.


Lewensmaats Werner de Bruin en Charlotte Freeman
Foto: Verskaf

‘n Tweede aanvaller het Werner deur die glas in die voordeur geskiet voor Wynand daar kon uitkom. Die gewonde Werner het tot in die kinders se kamer gekom, het daar inmekaargesak en is enkele minute later dood. Die ouer seuntjie het glo besef wat aangaan en het op die driejarige gaan lê om hom veilig te hou.

Charlotte het dr Ockert Botha gebel om te sê dat Werner geskiet is. Dr Ockert het Echo-1 Sekuriteit en Netcare 911 nooddienste uitgeroep. Werner was egter dood voor die paramedici opgedaag het.

Ná die aanval het Charlotte voorlopig by haar dogter gaan bly. Die kinders het berading ontvang en die burgerregtegroep AfriForum het die huis opgeruim.

Polisiewoordvoerder, kaptein Mavela Masondo, het gesê die polisie is op soek na vier aanvallers. Hulle is met net twee selfone daar weg.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger