Dit Rippel op Cullinanstasie Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 18 August 2009 03:50
Untitled Document

Op 1 Augustus was Radio Rippel 90.5 SM 14 jaar oud en om hulle verjaarsdag te vier het hulle met 470 Radio Rippel-luisteraars op die trein geklim en na Cullinanstasie gery. ‘Friends of the Rail’ het in die stasie ingetrek en almal het hulle stoele en komberse uitgehaal en in die sonnetjie, uit die wind, op die spore en stoep van die stasie gaan sit. Dit was ’n heerlike gejol.


Op die foto is Robby Klay, Hennie Smit (Bertie van Egoli) en Henri Alant wat vir vermaak gesorg het. Foto: Elsabé Maré

 

© 2020 Die/The Bronberger