Grafte in die vreemde Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 19 September 2020 06:37
Untitled Document

Gerhard Boshoff, ou RSA burgermag kaptein van 1RNT, Regiment Noord-Transvaal:
Ek het in Augustus in Dar-Es-Salaam, Tanzanië op ’n vlug terug SA toe gewag. Ek het die stad plat geloop om alles te sien. 

Ek stap by ’n begraafplaas verby en sien die ou SA-weermagwapen op die grafte. Die begraafplaas word 200% in stand gehou. Alles is soos ‘n spogtuin met iemand wat dit permanent versorg.


Op dié grafsteen staan: “Buried near this spot: 13150 Private JP Backstrom, 3rd Regd South African INE, 17th November 1916, age 35”

Dit is grafte van twee geslagte terug [Eerste Wêreldoorlog] wat daar teen die Duitsers gaan veg het. Ek aanvaar niemand sal daarheen gaan op soek na familiegrafte nie. Ek neem toe al die grafte af, behalwe die paar Duitsers se grafte.

In die vreemde word ons voorgeslagte erken vir hulle bydrae! In totale teenstelling met wat hier by enige begraafplaas gebeur.


“In memory of the 123 soldiers and one merchant seaman who served and died in the war of 1914 – 1918 and were buried at Pugu Road and whose names are inscribed on this memorial”

Ek het gedink dit sal wel iemand se familie wees, wat dan sal klarigheid kry en stuur daarom die graffoto’s vir die Bronnie.
Die Bronnie is kosbaar.

Ons het die foto’s op lêer en lesers wat wonder of ‘n familielid daar begrawe is, kan ons vra om ‘n van op te soek. Daar is ongelukkig te veel foto’s om in die Bronnie te plaas. – Red


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger