Ons slaap nie Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 19 September 2020 06:30
Untitled Document

Hannelie Du Plooy van Kaalfontein skryf:
Ek wil graag hulp vra by lesers wat regskennis het.

Ons het ’n plaas naby die Diamond Hill Plaza van die N4-snelweg. Op 21 Augustus kry ons ’n brief in die hek dat ’n instansie daar wil myn. Na vele oproepe, wat niemand antwoord nie, stuur ons die volgende week ’n e-pos na die verwysing op die papier.

Op 4 September kry ons ’n brief van 126 bladsye lank in Engels (wat ons boerenasie mos nie lekker verstaan nie) waarop die datum begin van Maart al was. Daarin word gesê dat hulle in die koppie wil myn vir silica of nog ’n klomp goed.

Die koppie vorm deel van die Diamond Hill-slagveld en daar is baie geskiedkundige murasies wat ons nog altyd bewaar. ’n Mynery gaan ’n deel van die geskiedenis verwoes.

Daar is vleilande op die plaas asook ’n klomp fonteine. Ons slaap nie, want dit is nog altyd ons stukkie hemel op aarde en my pa is daar begrawe.

Kan iemand ons help? Skakel my by 083-399-6497.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger September 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger