Twee redakteurs van ‘De Volkstem’
se wortels kan terug getrek
word na Pretoria se dieretuin
toe. Dis nou nie te sê hulle kom
uit die aaphokke of iewers nie, hoewel
die een op die terrein gebore is
en die ander een daar gewoon het.
Ons praat van Johannes Francois
Celliers, stigter van die Pretoriase
‘De Volkstem’ en van Gustav Preller,
’n latere redakteur van dié koerant.
Gustav Schoeman Preller is op
4 Oktober 1875 op die plaas Klein
Schoemansdal, Klipdrif, Pretoria
gebore. Die plaas was destyds die
eiendom van sy grootvader aan
moederskant, generaal Stefanus
Schoeman en sou later die tuiste
van Pretoria se Nasionale Dieretuin
word.
Die Volkstem-gebou
In die 1880’s het JF Celliers in besit
van Klein Schoemansdal gekom en
dit herdoop na ‘Rus in Urbe’. Terwyl
die Celliers-gesin daar gewoon het,
is een van die dogters met Anton
van Wouw getroud.
Dié plaas is in 1895 deur die Republikeinse
Regering uit JF Celliers se
boedel aangekoop om ’n dieretuin
te begin. Die regering het dit vir
£8,500 gekoop en die argiewe wys
dat die grond toe deel was van die
plaas Daspoort 192.
Jan FE
Celliers, seun
van
? De Volkstem?
stigter,
Johannes
Francois
Celliers
Dit sou egter ’n hele paar jaar wees
voor die dieretuin uiteindelik tot
stand kom. Die Jameson inval van
1895/96 was die eerste insident wat
die planne in die wiele gery het. Die
ou opstal het leeg gestaan en die
Direkteur van Onderwys het die huis
begin gebruik as De Tweede Staatstehuis,
’n koshuis vir ongeveer 20
leerlinge van die Staatsgimnasium.
Die res van die plaas is verhuur aan
’n kwekery.
Taktiek
Dit was eers in 1899 wat daar diere
na die dieretuin toe geskuif is en die
manier hoe dit gebeur het, getuig
van een man se effe onderduimse
ondernemingsgees. Dr Jan Boudewyn
Gunning was in daardie jare die
direkteur van die Staatsmuseum. Hy
het ’n versameling voëls en ’n paar
soogdiere, wat uiteindelik opgestop
sou word, in die museum se agterplaas
aangehou.
Hy was goed bewus daarvan dat
‘Rus in Urbe’ aangekoop is as grond
vir die dieretuin, maar dat dié
planne in die wiele gery is. In 1899
moes die jong mans wat in die
plaasopstal gebly het, Anglo-Boereoorlog
toe gaan en die opstal het
leeg gestaan.
Dis toe dat Dr Gunning inwoners
naby die Staatsmuseum gevra het
om te begin kla oor die geraas en
reuke van die diere in die museum
se agterplaas. Hy het blykbaar baie
gou toestemming gekry om sy
groep diere te skuif na die grond
wat ons vandag ken as die dieretuin.
Hulle het hul intrek by ‘Rus in Urbe’
op 21 Oktober 1899 geneem.
Dr Gunning was direkteur van die
dieretuin van 1899 tot 1914.
In 1916 het die dieretuin nasionale
status gekry en sy naam het verander
na die Nasionale Dieretuin van
Suid-Afrika, onder leierskap van die
direkteur, Dr Alwin Karl Haagner.
Blykbaar het die ‘Rus in Rube’ opstal
gestaan waar die Akwarium en
Reptielpark vandag is. Die opstal is
egter platgeslaan toe dié park in
1974 oopgemaak het. ’n Nuwe
direkteurswoning is reeds in 1968
gebou.
Só het ?De Volkstem? se mashoof gelyk
Taal
As die mure van dié opstal kon
praat, sou hulle beslis Afrikaans
gepraat het, siende dat twee groot
kampvegters vir die taal hul tuiste
daar gemaak het.
Die drukker Johannes Francois
Celliers het sy opleiding in die Paarl
ontvang. Op 24-jarige ouderdom
word hy ’n joernalis by ‘Het Volksblad’.
Hy is Pretoria toe gelok deur
president Burgers wat hom gevra
het om ’n pro-regeringskoerant, ‘De
Volkstem’, in Pretoria uit te gee om
as teenvoeter vir die Engelse koerante
te dien. Die eerste koerant het
op 8 Augustus 1873 die lig gesien.
JF Celliers het in dié koerant openlike
steun aan die Transvaalse burgers
uitgespreek en daarom is hy in
1880 vir ’n maand lank deur die
Britse regering gevange gehou.
Genl. Joubert het egter gereël dat ’n
bedrag geld ingesamel word sodat
JF Celliers ná sy vrylating weer die
koerant kan uitgee.
Dié het hy gedoen tot in 1881 toe hy
sy drukkery aan die regering verkoop
het om die grondslag te vorm
vir die staatsdrukkery. Dieselfde jaar
het hy Volksraadslid en sekretaris
van die Afrikanerbond geword en
hom toegewy aan die politiek tot sy
dood op 4 Maart 1895.
JF Celliers was die vader van Jan FE
Celliers, een van die bekende Afrikaanse
digters. Selfs Jan het vir ’n
jaar by sy pa se koerant gewerk
voor hy skool toe is in Stellenbosch
en Wellington. Toe die Tweede
Vryheidsoorlog uitbreek, het Jan
naby Colesberg geveg. Ná die oorlog verby is, het hy dit reggekry om
deur die vyandlinies te glip, vermom
in sy vrou se klere. Hy het sy gesin
Europa toe geneem waar hy literatuur
studeer het. In 1907 is hy terug
in Suid-Afrika en het vir tien jaar
vervelige vertalings gedoen vir die
Departement van Binnelandse Sake.
Jan het in 1919 professor geword by
die Universiteit van Stellenbosch en
het daar gebly tot sy aftrede in
1929. Hy is op 1 Junie 1940 in
Johannesburg oorlede.
Gustav
Preller
Baba
Dertig jaar nadat JF Celliers ‘De
Volkstem’ in die lewe geroep het,
het die koerant in 1903 verenig met
‘Land en Volk’. Een-en-twintig jaar
daarna het die baba wat op die
dieretuin se terrein gebore is, redakteur
van ‘De Volkstem’ geword.
Gustav Preller het Dr FV Engelenburg
in 1924 opgevolg as redakteur,
maar het in 1925 bedank om politieke
redes en redakteur van ‘Ons
Vaderland’, later ‘Die Vaderland’,
geword. Hy het later ook redakteur
van ‘Die Brandwag’ geword.
Gustav het net omtrent drie jaar
skoolopleiding gehad en het aanvanklik
in Pretoria as winkelassistent,
toe prokureursklerk en as klerk
in die Departement van Mynwese
gewerk. Hy is getroud met Johanna
Pretorius, ’n afstammeling van
beide generaal Andries Pretorius,
held van Bloedrivier, en die Voortrekkerleier
Piet Retief.
Gustav is op 7 Oktober 1943 oorlede
en sy oorskot is op tradisionele
wyse per waentjie na die familiebegraafplaas
by Pelindaba vervoer
waar hy begrawe is by die grafte
van Marthinus Wessel Pretorius en
die Voortrekkervrou, Deborah
Retief.
Gustav en Hannie Preller
Gebou
Die twee ‘De Volkstem’ redakteurs
wat uit die dieretuin uit
gekom het, se opstal bestaan
vandag nie meer nie, maar
gelukkig het ‘De Volkstem’ se
gebou nie dieselfde paadjie as
die ou opstal geloop nie.
Die Volkstem-gebou is vandag
’n museum en is die oudste en
enigste bestaande koerantgebou
in Suid-Afrika wat uit die
19de eeu dateer. Die datum op
die Volkstem-gebou is 1873, die
stigtingsdatum van ‘De Volkstem’,
maar die gebou is eers
in 1898 gebou en die koerant
was maar vir ’n paar maande in
daardie gebou.
Dit is nie bekend wanneer die Suid-
Afrikaanse Polisiedienste die gebou
die eerste keer betrek het nie, maar
in 1933 het die polisie reeds sekere
van die kantore in die gebou
gebruik. Ander kantore is afgestaan
aan die distriksgeneesheer.
Die Sentrale Intelligensiedienste het
’n paar kantore beklee, maar is in
1951 uit die gebou uit. Toe het die
polisie nog verskeie kantore gebruik,
insluitende ’n stoorkamer vir
argiewe, ’n sterkkamer vir alkohol
wat as bewysstukke in sake gebruik
is, ’n kantoor vir die registrasie van
onwettige immigrante en twee
lesingslokale. Die polisie se ‘rec’
klub biblioteek was ook in die
gebou.
Op 6 Junie 1959 het die sekuriteitstak
van die Transvaalse afdeling in
die twee hoekkantore, op die hoek
van Pretoriusstraat en Fonteinlaan,
van die gebou ingetrek.
Oor die volgende paar jaar het die
polisie die Volkstem-gebou as stooren
parkeerplek gebruik, maar op
17 November 1961 het die Departement
van Openbare Werke aangekondig
dat die gebou gesloop gaan
word. Die polisie het die gebou in
Desember 1961 ontruim, maar hy is
toe nooit gesloop nie en die polisie
het terug getrek.
Teen 1978 was die Volkstem-gebou
reeds deel van die polisiemuseum.
In 1990 is dié ou koerantgebou as
nasionale monument verklaar.
Die dieretuin se gronde
|