Dubbeldoor-Bronnie wyd verwelkom Print E-mail
News - Briewe
Friday, 14 August 2020 09:51
Untitled Document

Dubbeldoor-Bronnie wyd verwelkom

Hier is enkele uittreksels van die welkome terugvoer wat ons ontvang het toe lesers hoor dat die Bronnie nou ‘n ‘dubbeldoor’ is – hy word gedruk en ook elektronies versprei. – Red

Gertie Stofberg: Baie dankie vir hierdie “heart warming news” op die koue dag. Ons is saam met julle opgewonde oor die “geboorte van ’n tweeling”. Tekens van die tye dwing ons maar om alternatief te dink. Ek persoonlik hou steeds van die vat en voel en reuk van ’n tydskrif of papier, maar ek moet sê dit is baie gerieflik om die Bronnie elektronies te hê as jy so skelmpies gou ’n ‘breek’ agter die rekenaar wil neem. Sterkte vir julle super innoverende span; saam maak julle dit werk. Pas julself mooi op; julle is kosbaar vir ons hier in die Bronberg.

Anne-Marie Cornelius: Baie geluk. Mag die begin van die nuwe bekendstelling vir julle sommer baie seën en voorspoed bring.

Isabel Groesbeek: Dankbaar saam met julle en hartlik geluk dat julle “hierdie berg met geloof en ywer” klim.

Eugene Claassen: Baie dankie vir die nuwe uitgawe; dis regtig iets om na uit te sien. Altyd vol lekker leesstof en interessante artikels, wat leervol en opbouend is. Dan die artikels oor die geskiedenis van dorpe en plekke maak dit lekker leesstof vir ieder en elk. Ek het al gewonder of ek julle nie kan nomineer om die Sondag-koerant te doen nie; dan sal ek dit ook koop. Huidig het hulle net skindernuus, soos ‘n sekere ander gesinstydskrif. Baie dankie en voorspoed vorentoe met julle glanstydskrif. Altyd ’n goeie keuse as ek iets wil lees, selfs ’n tweede keer.

Gustav van Aardt: Baie dankie. Ag ons is bly julle kan ook die gedrukte weergawe weer op die rakke kry. Dit is goeie nuus. Maar ons geniet die elektroniese een ook net so baie, en stuur dit maklik aan. Ek weet my ma in Springs kan gewoonlik nie wag nie . . .

Buks Barnard: Baie dankie – hierdie Bronnie is weer ‘n wenner.

Sunette van Schalkwyk: Baie dankie. Baie geluk met die prestasie.

Emma Koekemoer: Baie, baie geluk met die dubbeldoor! Lees baie lekker aan die elektroniese Bronnie en sien uit na die nuwe papier-uitgawe!! Weereens oortref julle julleself.

HB Heymans: Baie geluk! Ek wens ek kon ook so puik tydskrif uitgee.

Petro Anderson: Julle raak nou só oulik.

Susan Roos: Pragtige voorbladfoto, ek sien uit na my elektroniese uitgawe. Baie dankie vir nog ’n puik uitgawe. Ek stuur wyd aan vriende en familie wat dit net so baie geniet. 

Katy Marais: Duisend dankies vir my e-pos Bronberger. Waardeer dit baie.

Celeste Coetzee: Baie dankie; dit lyk na ’n meesterstuk!

Esther Lees: Baie dankie. Waardeer opreg. Sterkte met alles van die onbekende toekoms. “God bless.”

Gnatius de Lange: Gerhard Kleijn en Angie – dit was gaaf om weer ’n blad in die hand vas te kan klem. Julle werk is beslis ’n gemotiveerde ding en dankie dat julle so volhou.

Martie Volschenk: Baie geluk; julle voorblad is altyd ’n wenner! Die Bronnie is uitstekend. Kan nie wag vir die elektroniese uitgawe nie.

Renette Els: Baie dankie aan almal betrokke. Ek geniet my Bronnie. Baie puik voorblad!


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger