In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Donald van der Westhuizen het dié foto van ‘n swartsperwer op 19 Julie geneem net ná hy ‘n duif in Donald se Wapadrand-tuin gevang het. Dit is ‘n rare voorstedelike gebeurtenis en die foto wys hoe die sperwer die prooi met sy klou vashou terwyl hy besig is om hom op te vreet
’n Troppie spekvet sebras wei in die wintergras van ’n wildreservaat in die gebied
Foto: Emma Koekemoer
Met daardie erg befoeterde kyk van hom in die oë, sal dié Jan Frederikkie dalk eerder sommer Jan Frik genoem wil wees
Foto: Albert Bester
Laurika van der Linde sê haar gunsteling kleur is sonsondergang
Trots tot só ’n mate dat ’n mens moontlik sou kon dink hy beskou hom as ’n hooggeplaaste. Anneline Grobler het die foto by ’n wildreservaat in die omgewing geneem
’n Koedoebul met ’n jonger bulletjie deur sy draaihorings te sien. Johan Pretorius het die foto op Stillbosch geneem
’n Mooi sonsondergang op Cullinan stem hom tot rustigheid, sê Eus de Clerk
Die kwaai koue van Julienagte in die gebied het dik yslae op Liberty Stalle van Mooiplaats se perde-drinkbakke gelaat. Juanita Jamneck het een oggend dié foto geneem van werkers wat die probleem kaalhand baasraak
Dié foto van Johann van der Linde gee ’n ‘ander’ blik op ’n Rooikoppies-sonsondergang
Vrugtebloeisels was vanjaar baie vroeg en baie mooi in die gebied
Foto:`Alet Erasmus |