Polisie ‘soek’ samekomste in gebied Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 14 August 2020 09:44
Untitled Document

Rosemary Hill-landgoed op Mooiplaats moes op Saterdag 18 Julie by die Boschkopse polisie hoor dat hulle tydelik gesluit word omdat hulle nie aan afsonderingsregulasies voldoen nie. Die polisie het hulle die Maandag laat weet dat die sluiting ‘n “fout” was en dat hulle weer kan oopmaak.

Landgoed-eienaar, Thomas Franken, het die Saterdagmiddag ‘n video op Rosemary Hill se Facebookblad gesit waarin hy vertel dat die polisie daardie oggend onverwags opgedaag het en hom gedwing het om sy bedrywighede te staak, anders sou hulle hom summier in hegtenis neem.


Staproetes by Rosemary Hill

Polisiebeamptes het glo die hoofingang dopgehou en die voertuie wat inry, gemonitor en besluit dat daar ‘n samekoms van meer as 50 mense is. Thomas is nie kans gegun om te verduidelik dat daar verskillende ondernemings en aktiwiteite op die landgoed is en dat elk sy eie gesondheidsprotokol het nie. So is die koffiewinkel heeltemal apart van die staproetes en fietsryroetes.

Met die hulp van ‘n advokaat het Thomas ‘n formele plan opgestel en daar is intussen tot ‘n vergelyk met die polisie gekom. Die Maandag het ‘n kaptein van die polisiestasie vir Thomas gebel en het gesê dat bedrywighede hervat kan word.

Thomas het gesê dat hulle die bestaande gesondheidsprotokol nog strenger maak, besprekings by die koffiewinkel en staproetes oorweeg, en dat hulle daaraan dink om die verkeer so te reguleer dat daar nie te veel voertuie by die hoofingang ingaan en parkeer nie.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger