Stadsmense probeer bosbokkie red Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 14 August 2020 09:43
Untitled Document

‘n Bosbokkie, wat uit die Moreletakloofse natuurreservaat ontsnap het, het voor voertuie in Rubensteinrylaan beland en het, ondanks verbete reddingspogings deur natuurvriende en diere-artse dit nie gemaak nie. 

Die bosbok het in Julie blykbaar deur ‘n opening in die reservaat se heining gekom. Hy is buite die reservaat op die groot oop stuk grond langs Rubensteinrylaan, onder Rurtgersstraat gesien.


Die bosbok op die sypaadjie ná die ongeluk
Foto: Moreletakloof Natuurreservaat

Jeannie du Plessis het laat weet dat vrywilligers die reservaat se palissade-heining op 17 Julie oopgemaak het sodat die bosbok weer kon ingaan, maar hy het na Rubensteinrylaan beweeg waar hy in ‘n motorfiets vasgehardloop het.

Reg Lehmann het gesê dat die motorfietsryer nie beseer is nie, maar dat dit lyk of ‘n voertuig die bosbok se agterbene vroeër getref het. Dr Mark van Wijk van Moreletapark Dierehospitaal was vinnig op die toneel om die bosbok te probeer help.

Vriende van Moreletakloof bespiegel dat die bosbok dalk by die reservoir aan Rutgersstraat se kant, waar misdadigers ‘n groot gat in die heining gesny het, uitgekom het. Die Vriende het dié opening solank toegemaak terwyl hulle vir Natuurbewaring gewag het.


Die bosbok probeer op 16 Julie deur die palissade-heining kom langs die oop stuk grond tussen Rubensteinrylaan en die reservaat
Foto: Tania Potgieter

Die Vriende het John Potgieter en sy vrou, Tania wat by Die Bronberger werk, bedank dat hulle die ontsnapping gerapporteer het en die volgende paar dae gehelp het om die bokkie te probeer opspoor.

“Ons het ons bes probeer om die bokkie veilig terug te kry, maar het hom verloor,” sê Jeannie.

Die reservaat word grootliks deur vrywilligers en skenkings in stand gehou. As jy ‘n bydrae wil lewer, maak jou skenking aan Vriende van Moreletakloof; FNB, takkode: 230732; rekeningnommer: 62790145009.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger