Kitsbank en kluis met plofstof bygekom Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 14 August 2020 09:41
Untitled Document

Die kitsbank en kluis by die Jan Ellis-sentrum is twee uur die oggend van 25 Julie deur misdadigers geteiken. Hulle het probeer om dit met plofstof oop te blaas, maar die poging was glo ‘n mislukking en hulle kon nie daar kontant kry nie.


Die kitsbank lê op die grond

“So ver ek verstaan is daar net so oor die R400 uit die vulstasie se kasregister geneem,” sê Laurika van der Linde, wat by die veeartswinkel in dié sentrum, op die hoek van die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) en die Rayton/Cullinan-pad (R515), werk.

Sy sê dat dit nogal ‘n angswekkende Saterdagoggend was. Die polisie het die sentrum se ingang aanvanklik afgesper en mense moes wag voor hulle kon ingaan. Die petroljoggies van die vulstasie het verdwaas rondgestaan en kyk hoe die polisie letters plaas waar bewysstukke gevind is.


Voertuie parkeer langs die pad omdat die ingang na die Jan Ellis-sentrum deur die
polisie afgesper is
Foto’s: Laurika van der linde

Laurika vertel dat die sentrum se sekuriteitswag in die rug gewond is, maar dat hy teen die Bronnie se saktyd stabiel was. Daar was vyf verdagtes, waarvan een ‘n vrou was.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger