Selfmoord hou aan toeneem Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 14 August 2020 09:40
Untitled Document

Nog ‘n selfmoordpoging het op 16 Julie in Faerie Glen afgespeel.

Die Volunteer Emergency Medical Response Unit (Vemru) het net voor 11 uur daardie aand ‘n noodroep ontvang. Toe die paramedici daar aankom was die pasiënt in ‘n ernstige toestand. Saam met gewapende reaksie-offisiere op die toneel, het hulle begin werk om die pasiënt te stabiliseer voor ander mediese personeel daar opgedaag het.

Die spanne wat saamgewerk het was van Netcare 911, ER24, LifeSupport 24/7, Bull Security en Brinant Security. ‘n Besluit is geneem om die pasiënt met ‘n helikopter na ‘n spesialis trauma-hospitaal in Johannesburg te vervoer. Die Garsfonteinse Gemeenskapspolisiëringsforum, CSI Security, Tracker SA en Tshwane Metropolisie het gehelp om ‘n veilige landingstrook vir die helikopter daar te stel.

In ‘Selfmoord neem kwaai toe weens inperking’ het ons verlede maand berig dat daar ‘n merkbare toename in selfmoordpogings in Pretoria-oos is sedert die Covid-19 pandemie toegeslaan het.

Casper Visser, woordvoerder vir Vemru, wat gereeld na sulke tonele uitgeroep word, verduidelik dat hulle ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is wat vir hulle voortbestaan afhanklik van skenkings is.

Deel van Vemru se nooddienste sluit ‘n trauma-beradingafdeling in. Bel Casper Visser by 082-893-6873.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger