Die storie van die gat Print E-mail
News - Briewe
Friday, 14 August 2020 09:30
Untitled Document

Eus de Clerk van Cullinan:
Ek het gekla oor ‘n slaggat in Pinelaan, Cullinan. Iemand het gesê ek moet dit rapporteer aan die ‘City of Tshwane’ se ‘Pothole Department’.


Die slaggat met sy verwysingsnommer

Ek stuur toe foto’s en GPS-aanwysings aan: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it en vertel hulle van hierdie ‘challenge’. ‘n Dag later, stuur die ‘Pothole Department’ vir my ‘n verwysingsnommer.

Ek het die nommer in die slaggat geplaas, maar die ding wil nie weggaan nie. Wat nou gedaan? Gee asseblief raad!


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Augustus 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger