Papier en elektronies: Gewildheid groei Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 July 2020 14:46
Untitled Document

Soos met die Bronnie se April- en Mei-uitgawes was daar weer oorweldigende positiewe reaksie op die Junie-uitgawe wat noodgedwonge elektronies uitgegee moes word. Ons druk weer dié maand die ‘papier-uitgawe’, maar gaan ook voort met ons gewilde aanlyn-Bronnie. Hier is enkele uittreksels van die welkome terugvoer wat ons ontvang het. – Red:

Henk Smit: Ek het die elektroniese Bronnie baie geniet en het dit vir ’n paar van my vriende aangestuur wat net met lof van die puik-puik tydskrif praat. Wil julle dit nie oorweeg om dit permanent so ook aan te stuur nie? Indien wel sal ek vir julle e-pos adresse gee van mense wat belangstel. Baie van ons bly hier noord van die berg en kry nie altyd die tydskrif nie. Veral my vriende in Australië geniet dit verskriklik om julle uitgawes te lees.

Emma Koekemoer: Pragtig! Soos altyd! En dis lekker leesstof. Ons begin al gewoond raak aan hierdie elektroniese Bronnies . . . klaar op jou foon, so waar jy wag kan jy net oopmaak en lees.

Carina du Plessis: Baie dankie! Ek waardeer dit baie. Mal oor Die Bronberger. Ek dink hierdie uitgawe se twak-gedeelte is die interessantste. My oupa het pyp gerook. Ek het self ’n antieke pyp gehad en self aan en af deur die jare my menthols gerook. Vogue’s was ’n “fashion statement”. En met die verbod tans is dit iets waaroor ek dink jare nog om braaivleisvure gesels gaan word. Tabak en pyprook is deel van Afrikaner-kultuur; twak en snuif ook. Groot konsternasie op die verbod, maar dis ook deel van ons geskiedenis, wat rokers tans nie sal wil opgee nie. En ’n mens vergeet nie maklik die advertensies nie. Ek dink elke Afrikaner sal sy “brand” onthou “for years to come”.

Katy Marais: Duisend dankies vir my Bronnie. Waardeer dit baie. 

Johann de Bruin: Ek is mal oor enige brokkie geskiedenis, derhalwe was die paleis-hospitaal en die twakstories kos vir my siel. Ek wens julle geluk met ’n spiekeries uitgawe. Johann de Bruin, van die SP Engelbrecht-museum, van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.

HB Heymans: Baie dankie! Puik!

Renette Haese: Baie dankie vir my elektroniese Bronberger – dit was uiters flinke diens! Ek voel soos ’n waardige Bronnie met my nuwe familie! Sterkte! Ek lees baie lekker, dankie; interessante artikels.

Rina Willemse: Baie dankie vir die Bronnie. Ek waardeer uit my hart uit!

Gerda Palm: Hoekom ek graag die Bronnie in druk verkies is nie vir myself nie! Ek is darem so bietjie rekenaar-geletterd, maar die Bronnie gaan van my af altyd na my ouers in die tehuis. Soos jy weet is die ouer garde nie so rekenaar-geletterd nie en soek maar die leesstof in boekvorm, want as hulle weer klaar gelees het, dan gaan dit na die volgende en die volgende, en die volgende een aan. Hulle slaan letterlik omtrent vuis om die Bronnie te kry om te lees en geniet al die stories van die omgewing en die Bronnie so baie! Baie dankie vir al julle harde werk agter die skerms en vir die puik leesstof.

Snyman Cronje: Die voorblad is pragtig. Baie dankie vir al julle moeite.

Gertie Stofberg: Baie dankie, ek gaan die Bronnie vandag onder ’n lekker warm kombers lees. Sop- en sjerrie-dag.

Esperance Grobler: Baie dankie! Die Bronnie is uitstekend soos altyd! Was ook interessant van Pierre . . . en Final Word het my geïnspireer. Ek stuur die elektroniese Bronnie ook vir my familie.

Babsie Bothma: Goeiedag ! Ek het ’n Bronberger van ’n vriendin gekry en lekker gelees en sal dit graag wil ontvang. Sal julle dit asseblief in die toekoms elektronies vir my stuur ? Ek woon in George, maar is ’n oud-Pretorianer. Baie dankie.

Susan Roos: Baie dankie vir die lekker leesstof.  Ek geniet die Bronnie al van die eerste uitgawe. Het partykeer gesukkel om hom in die hande te kry en nou kan ek hom lekker op my skootrekenaar lees. Dankie vir al julle moeite. Dit is puik leesstof.

Mark Barker: Baie, baie dankie. ’n Wonderlike uitgawe soos gewoonlik!

Louise van Niekerk: Al julle uitgawes was en is uitstekend. Ek lief julle boek baie.

Michelle De Bruin: Wow, dis nou ‘great’. Hier in Zwavelpoort sukkel ons maar soms om ons Bronberger te kry.

'Alet Erasmus: Ek het my uitgawe van Die Bronberger ontvang. Baie dankie! Die voorblad pronk met ’n pragtige kleurkombinasie vir hierdie tyd van die jaar.

Stienie Venter: Hi Bronnies. Dankie vir die elektroniese tydskrif. Gaan julle nog weer die tydskrif druk ook, assebliefie tog?

Anne Pretorius: Ek geniet die digitale uitgawe baie. Ek hoef nie te gaan soek na my Bronnie nie. Dis maklik leesbaar en al die advertensies is duidelik op elke bladsy te sien.

Helena Naudé Potgieter: Lieflik! Was bly om my digitale Bronnie te kry. Ek deel verseker met trots uit na ander. Dankie vir ons uitstekende tydskrif.

Esme Meyer: Baie dankie!! Dis wonderlik om die elektroniese uitgawes te kan sien, maar ’n mens mis die aanwas in jou Bronnie-rak. Ek waardeer.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Julie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger