Dis weer tyd vir die Plaasfees PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 18 August 2009 01:35
Untitled Document

Die jaarlikse Plaasfees word op 12 September by die Willem Prinsloo Landbou Museum op die ou Bronkhorstspruitpad gehou. Dié dag van pure plaaspret en plesier is van 9 vm tot 5 nm.

Kinders is welkom om te kom deelneem aan toeka se plaasaktiwiteite. Uitstallings strek van ploeg, plant en oes tot veteraan en nuwe landboutoerusting. Besoekers kan smul aan die lekkernye by die plaasverwante stalletjies of kan in die restaurant, piekniekplekke of om braaivleisvure uitspan.

Die Plaasfees word deur die Willem Prinsloo Landbou Museum aangebied in samewerking met die Hoëveld Veteraan Trekker en Enjin Klub, ’n nie-winsgewende organisasie wat die museum gratis met onderhoud, herstelwerk en die bedryf van landbou-veteraantoerusting help.


By die Plaasfees kan stadskinders deelneem aan egte plaasaktiwiteite

Die organisasie se doel is om die toerusting te bewaar vir die nageslag. Daar word hard gepoog om die jeug betrokke te kry om die bewaringskultuur van landbou-veteraantoerusting voort te sit.

Toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders. Almal wat aan plaasen verwante aktiwiteite wil deelneem, uitstal, demonstreer of goedere wil verkoop kan die museum skakel vir meer inligting.

Praat met Lettie by 012-736-2035/6, met Lyn by 012-654-3784 (na ure) of met Charlie by 012-654-3784. Die Willem Prinsloo Landbou Museum is ongeveer 20 km oos van Pretoria op die ou Bronkhorstspruitpad, langs die N4 snelweg.

 

© 2019 Die/The Bronberger