In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

’n Kleurespel van wolke teen sonsaktyd oor Rooikoppies
Foto: Johann van der Linde

Die beskeie laventelblom, soos gesien deur die lens van Albert Bester

Ys-diamante en ’n bevrore veertjie wat op sy dammetjie dryf, sê Eus de Clerk oor dié foto van hom

’n Troppie blesbokke wei rustig in die skemerlig op ’n lappie aarde in die Bronberg-gebied
Foto: Michelle Louise Burgess Koekemoer

Grasie en sierlikheid is nie eienskappe wat gewoonlik met ’n kwêvoël vereenselwig word nie. Dié foto van Laurika van der Linde bewys die teendeel

Riana Snyman het dié treffende foto geneem terwyl sy ’n entjie op haar hoewe in die veld gaan stap het

Laatmiddag met ons bokkinders op Tweedracht, sê Daleen Small van dié foto wat sy geneem het

Dié waterbok kyk die kamera stip in die oë by die Rietvlei Natuurreservaat
Foto: Anton Prinsloo

Die Grootwaterhoender op soek na kos by Rietvlei Natuurreservaat
Foto: Anton Prinsloo

Die son sak op Donkerhoek
Foto: Annelène Botha |