Werk aan omstrede reservoir op Bronberg begin Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 17 July 2020 14:29
Untitled Document

Konstruksiewerk aan die omstrede mega reservoir op die sensitiewe Bronbergrif het ondanks besware van inwoners en bewaringsgroepe begin.

In Julie 2016 het ons berig dat Rand Water beplan om ‘n 100 mega-liter (ML) reservoir en verwante infrastruktuur op die Bronbergrif, waar die krities bedreigde Juliana Gouemol voorkom, te bou.

Die plan was om die 100 ML Bronberg Reservoir langs Rand Water se bestaande reservoir op die rif te bou. Die grond behoort aan Rand Water en die ontwikkeling is op gedeelte 18 en die oorblywende deel van Tweefontein 372 JR, tussen Olympus en Shere.

Die projek is in 2016 opgeskort omdat Vriende van die Faerie Glen Natuurreservaat aangevoer het dat hulle rede het om te glo die projek se omgewingspraktisyn het nie die nodige vereistes met die opstel van die konsep-verslag of die openbare deelnameproses nagekom nie.


Konstruksiewerk op die hoek van Atterbury- en De Villebois Mareuilweg

Volgens omgewingswetgewing was die Departement van Omgewingsake genoop om dié aantygings te ondersoek. ‘n Hersiene konsep basiese assesseringsverslag is in Junie 2017 beskikbaar gestel en ‘n ope dag is gehou. Die finale verslag het in Augustus 2017 uitgekom en daar was weer formele teenkanting teen die projek. Die projek is teen die einde van November 2017 goedgekeur en teenstanders kon tot 11 Desember appelleer.

In Januarie 2018 het ons berig dat die projek aan die einde van 2017 deur die Departement van Omgewingsake goedgekeur is.

Volgens Nikki Carnicelli, projekbestuurder vir die H46 gedeelte B van die pyplyn, is die tender vir die pyplyn in 2017 gedoen, maar eers verlede jaar toegestaan. Hy het gesê dat hulle aangestel is vir 4,6 km, opgedeel in vier pakkette, tussen Woodhill Buiteklub en die Bronberg Reservoir.

Nikki het gesê dat die konstruksiewerk ongerief veroorsaak wat Plantland, Meander A en B landgoedontwikkelings en Olievenhout Landgoed raak, maar dat alle aspekte in rekening gebring is om die lewe vir inwoners makliker te maak.


Toegangsroete

Volgens Nikki is Woodhill Landgoed besig met ‘n regsaak en tot ooreenkoms bereik is, het Nikki se span nie toegang tot die 1,3 km by dié landgoed nie. Hulle het dus net toegang tot 3,3 km van die 4,6 km.

Gedeelte een bestaan uit 900 meter en is afgehandel. Grondwerke in gedeelte drie, vanaf die Bronberg Reservoir tot by Dombeya Landgoed, het teen die einde van Junie begin.

Raubex infra/Enza Construction JV Venture is deur Rand Water aangestel om die konstruksie te doen.

Die konstruksiewerk, wat 15 maande sou duur, gaan nou 18 maande neem omdat dit deur die inperkingstyd vertraag is.

Die waterpyplyn loop sowat 48 km vanaf Vlakfontein Reservoir in Benoni tot by die Bronberg Reservoir.


Grondwerke
Foto’s: Carli Koch

Die aanvanklike Vlakfontein-Mamelodistelsel het nie ‘n wateropgaartenk ingesluit nie, net ‘n 5 ML tenk om die waterdruk te beheer. Soos die dele noord van die Bronberg uitgebrei het, is daar besef dat ‘n reservoir nader aan Mamelodi benodig word en is die bestaande 100 ML Bronberg Reservoir gebou.

Die huidige konstruksiewerk is vir ‘n tweede 100 ML reservoir, langs die bestaande een, en die twee tenks saam se kapasiteit sal glo tot 2035 voldoende wees vir gebiede noord van die Bronberg, vanaf Mamelodi tot Bronkhorstspruit en Ekandustria.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Julie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger