Selfmoord neem kwaai toe weens inperking Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 17 July 2020 14:27
Untitled Document

Paramedici het in Junie bekendgemaak dat daar ‘n merkbare toename in selfmoordpogings in Pretoria was sedert die grendeltyd begin het.

Casper Visser, woordvoerder vir die Volunteer Emergency Medical Response Unit (Vemru), het gesê dat hulle tussen die einde van Maart en middel van Junie uitgeroep is na vier selfmoordgevalle en drie pogings tot selfmoord net in Pretoria-Oos. Volgens Casper was die meeste gevalle aan die einde van vlak vyf en begin van vlak vier inperkingsfases.

French Jooste, woordvoerder vir Bull Security, sê dat die meeste selfmoorde waarvoor hulle uitgeroep is, in vlak drie was. Hy sê dat dit meestal mans tussen die ouderdomme van 40 en 50 jaar was en dat die meeste van hulle ‘n selfmoordbrief agtergelaat het.



‘n Bemoedigende boodskap van Hoërskool Die Wilgers se hoofseun, Cecil Knoetze
Foto’s: Hoërskool Die Wilgers Facebook-blad

Een van die dramatiese selfmoordpogings was in Junie in Moreletapark toe Vemru uitgeroep is om ‘n pasiënt wat homself geskiet het te help. Bull Security was eerste op die toneel en het noodhulp toegepas tot Vemru paramedici opgedaag het.

Die man was in ‘n kritiese toestand en moes per helikopter na ‘n spesialis-hospitaal in Johannesburg geneem word. Brinant en Quattro het gehelp om ‘n landingstrook beskikbaar te stel en Netcare 911 is ook uitgeroep.

Shaun Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê dat hulle ‘n besliste toename in selfmoordpogings gesien het en dat ‘n groot hoeveelheid daarvan in residensiële huise was. Sommige van dié mense het aan geestesgesondheidskwessies gely, maar ander glad nie.


‘n Boodskap van hoop in die grendeltyd van Hoërskool Die Wilgers-leerling, Juan Van Geffen

Shaun het gesê dat baie selfmoorde ‘n oordosis voorskrif-medikasie ingesluit het, maar party mense het vuurwapens gebruik, ander het hulle self gehang of van geboue en brûe afgespring. Daar was selfs verdrinkings.

The South African Depression and Anxiety Group (Sadag) berig dat hulle meer oproepe sedert die begin van grendeltyd ontvang het as ooit tevore van mense wat angstig, eensaam, bekommerd of depressief is.

Hulle sê dat mense sedert die begin van die Covid-19 pandemie afgesny is van dit wat hulle voorheen as ‘normaal’ beskou het. Baie mense het verwag dat daar sekere mediese en finansiële uitdagings in dié tyd sal wees, maar min het die geweldige impak op hulle geestesgesondheid verwag.


Hoërskool Die Wilgers se onderhoofmeisie, Bianca Barkhuizen, se positiewe boodskap

Sadag hou elke Vrydag ‘n Facebook-praatjie waar mense vrae aan kundiges kan vra. Baie van dié praatjies het die afgelope ruk gefokus op die bestuur van depressie en isolasie in die Covid-19 tyd.

Sadag verskaf ook gratis telefoniese berading, ondersteuning, inligting en landswye verwysings na ondersteuningsgroepe, sielkundiges, psigiaters en klinieke. Aanlyn hulpbronne soos brosjures, artikels en self-help videos is beskikbaar by www.sadag.org.

Om met ‘n Sadag-berader te praat, kan jy sewe dae ‘n week tussen 8 vm en 9 nm die volgende nommer skakel: 0800-21-22-23. Deel van Vemru se nooddienste sluit ‘n trauma-beradingafdeling in. Bel Casper Visser by 082-893-6873.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Julie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger