Self-onderhoudend Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 July 2020 14:14
Untitled Document

Leon Poolman van Mooiplaats:
Aan ons veterane (United Veterans Association – UVA) se kant is ons besig om die boere in ons omgewing te begin ondersteun en hulle produkte by ‘n plaaslike mark te begin bemark. Ons wil daar bestellings neem en in die week by mense se huise aflewer.

Hierdie noodsaaklikheid het ons onmiddellik bygeval by die instel van die grendelstaat. Niemand kon basies beweeg nie en almal het besef dat voedsel uiters noodsaaklik is.

Hierdie poging van ons is om die eerste ware UVA “Hub” van die grond af te kry. Met die tyd is ‘n Blikkiesdorp (kibbutz of self-onderhoudende gemeenskap) ons visie.

Die belangrikste is om nou soveel as moontlik mense te laat weet dat ons op 25 Julie die gemeenskapsmark-konsep aan baie van ons lede asook ons boere en die breër gemeenskap gaan voorstel.

Bel Leon Poolman by 083-307-5252.

Brief verkort. – Red


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Julie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger