Pandemie laat ook dié stigting platsak Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 17 June 2020 14:29
Untitled Document

Die Generaal Smuts Stigting het jou hulp nodig. Weens die Covid-19 krisis het fondse wat die Smutshuis en gronde in Irene onderhou, bykans heeltemal opgedroog.


Generaal Jan Smuts se biblioteek in die Smutshuis
Foto: David Boucher

Dié huis en omliggende gebied is as ‘n erfenisterrein verklaar, maar kry geen regeringshulp of Lotto-befondsing nie. Die stigting het laat weet dat daar ‘n onmiddellike gevaar is dat hulle die huis, insluitende waardevolle historiese objekte en generaal Jan Smuts se biblioteek, kan verloor.


Smutshuis
Foto: The Heritage Portal

Die voorsitter van Vriende van die Smutshuis, Marion Mengell, vra dat almal wat vir die nalatenskap van generaal Smuts en sy vrou Isie omgee, die stigting in dié krisistyd bystaan. Enige skenkings sal waardeer word.

Besoek www.smutshouse.co.za vir meer inligting.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger