Die Diamant Kamer van Koophandel het ‘n Gemeenskap Covid-19 Reaksiespan op Cullinan gestig om die reuse finansiële en emosionele behoeftes in die gemeenskap aan te spreek.
Dié span word deur die kamer se trustees bestuur. Hulle bring gemeenskapsgedrewe projekte op die been sodat die droewige humanitêre krisis wat besig is om te ontvou, die hoof gebied kan word. Spanlede praat met relevante regeringsrolspelers sodat items soos kospakkies, maskers en reinigingsmiddels uitgedeel kan word.
Die span vra dat alle sake-ondernemings in die omgewing hulle skakel sodat ‘n beter prentjie van nood in die gemeenskap gevorm kan word. Dit is die kamer se doel om plaaslike ondernemings, sake-eienaars en hulle werknemers, wat negatief deur die krisis beïnvloed word, te ondersteun.

Kloksgewys: Stanley Mukonomashava; Louw Allan; Adelle Roberts; Vincent van der Merwe;
Sarah van den Berg; Arvid Smedsrud; John-Ernest Fogwell; en Etienne Coetzee
Foto: Verskaf
Die kamer het aan die begin van grendeltyd ‘n ekonomiese ondersteuningsplan van stapel gestuur om die plaaslike ekonomie te ondersteun. Gratis advies oor Tydelike Werkgewer/Werknemer Verligtingskema (TERS) en noodsaaklike regs- en finansiële ondersteuning is aan verskeie ondernemings gebied. Hulle werk aan ‘n aantal nuwe projekte, soos ‘n gemeenskap-koeponprogram, wat binnekort van stapel gestuur gaan word.
Voorsitter, John-Ernest Fogwell, sê dat lede van dié kamer gevra word om inligting oor die gemeenskap- en sake-behoeftes te voorsien en om die kamer op hoogte te hou van nood in die gemeenskap. “Saam sal ons oorleef,” het hy gesê.
Vir meer inligting, kontak die Diamant Kamer van Koophandel by 012-305-2501 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
|