Nuwe kortpad gaan Lynnwoodweg-verkeer verlig PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 18 August 2009 01:29
Untitled Document

’n Nuwe pad wat Hans Strijdomrylaan met Silver Lakes-weg verbind, gaan einde Oktober in werking tree.

Dié pad, wat bekend staan as Six Fountains Boulevard, gaan ’n vinnige kortpad huis toe bied aan inwoners van Silver Lakes Gholf Landgoed en ander landgoed-ontwikkelings wat deel vorm van die Hazeldean dorpstigting. Six Fountains Boulevard word gebou in ’n poging om verkeersdruk op die deel van Lynnwoodweg-verlenging, bekend as Grahamweg, te verlig voor die verbredingsprojekte aan Lynnwoodweg begin.


Di foto is vanaf die sirkel by Makro geneem waar die nuwe pad
gaan afdraai om met Silver Lakes-weg te verbind
Foto?s: Tania Potgieter

Six Fountains Boulevard gaan tweerigting verkeer bedien en is 1,2 km lank. Die pad begin met die sirkelaansluiting by Makro, oos van Hans Strijdomrylaan, en eindig met ’n stopstraat in Silver Lakes-weg. Die Six Fountains Afslaanbaan moes van sy geriewe skuif om plek te maak vir die pad wat nou agter dié afslaanbaan se klubhuis verby loop.

Die koste van dié pad kom uit Kungwini Plaaslike Munisipaliteit se koffers. Volgens raadgewende ingenieur, Derrick du Plessis van Sotiralis Consulting, beloop die koste tussen sewe en agt miljoen Rand. Sotiralis Consulting is ’n strukturele en siviele ingenieursfirma in die Boardwalk Kantoorpark, Faerie Glen.

Die grondverskuiwings- en padoppervlakwerk word gedoen deur die Mooiplaats-gebaseerde Advance Road Surfacing, ’n onderafdeling van Advance Projects wat deel is van die iMvula Groep. Groot projekte wat deur Advance Projects afgehandel is sluit Tyger Vallei Uitbreidings een tot 10, Mooikloof Heights, Silver View Estates en Equestria uitbreidings in.


Die foto is geneem vanaf Silver Lakes-weg en ?n mens kan die gholf afslaanbaan aan die regterkant sien

 

© 2019 Die/The Bronberger