Groot skade toe paraffien vlamvat Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 17 June 2020 14:27
Untitled Document

Skade van miljoene Rand is aangerig toe ‘n brand op 25 Mei by ‘n paraffiendepot op Donkerhoek uitgebreek het.

Die metro se nooddienste-personeel was 7 vm op die toneel langs die Ou Bronkhorstspruitpad. Volgens nooddienste-woordvoerder, Charles Mabaso, het hulle ‘n brandende tenk met ongeveer 59 000 liter paraffien daar gekry en ‘n ander tenk het glo ontplof.


Motoriste op die Ou Bronkhorstspruitpad is deur dié rookwolke begroet

Brandweermanne kon ‘n 46 000 liter tenk vol paraffien red, asook ‘n nabygeleë struktuur. Volgens Charles het dromme vol paraffien van ongeveer 1 000 liter ook aan die brand geslaan en is ‘n 23 000 liter tenk, wat leeg was, deur die vuur beskadig. ‘n Kantoorblok is deur die brand vernietig.


Nooddienste-personeel op die toneel
Foto’s: Noxolo Sibiya

Die brand is geblus voor dit nabygeleë hope hout heeltemal kon verswelg en na die bure se eiendom kon versprei. Die oorsaak van die brand word ondersoek.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger