News -
Ons Omgewing
|
Wednesday, 17 June 2020 14:21 |
Untitled Document
Die maanverduistering op 5 Junie is een van drie verduisterings binne een maand. Ná die Aarbeimaan se verduistering volg ‘n ‘ring van vuur’ sonsverduistering op 21 Junie en nog ‘n maanverduistering op 5 Julie.
Junie se volmaan het sy bynaam, ‘Aarbeimaan’, gekry by die Algonquin-stamme van inheemse Amerikaners, wat in die oostelike dele van Noord-Amerika gewoon het. Hulle het ‘n maankalender gebruik om tred te hou met seisoensveranderings en die Junie-volmaan was gewoonlik die beste tyd om wilde aarbeie in hulle distrik te oes.
Die Aarbeimaan van 5 Junie, voor die maanverduistering
Foto: Laurika van der Linde
In Europese geskiedenis het Junie se volmaan as die ‘Heuningmaan’ bekend gestaan. Dié maan was die oorsprong van die term ‘honeymoon’, omdat soveel mense in die Europese somermaand van Junie getrou het. |
Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word.
Elektroniese oorplasing:
Naam: Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak: Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek.
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Nuuste Koronavirus statistieke:
Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:
|
|