Elektroniese Bronnie maak opslae Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 20 May 2020 20:34
Untitled Document

Die eerste uitgawe van die Bronnie wat noodgedwonge elektronies uitgegee moes word, het oorweldigende positiewe reaksie uitgelok. Ons is oorval met oproepe en boodskappe, waarvan enkeles hier geplaas word – Red:

Liezel Yssel: Baie dankie dat julle ten spyte van al die uitdagings nog steeds ’n puik tydskrif van uitnemende standaard gevul met ongelooflike interessante inhoud aan ons vrystel. Hou asseblief so aan. Dit was wonderlik om ’n Bronnie ‘in my hande’ te kon hê!

Mariet van Niekerk: Intelligensie lê mos daarin dat jy kan aanpas in moeilike omstandighede. Baie, baie dankie. Die aller beste groete.

Carl en Gertie Stofberg: Baie dankie, Bronnie. Wonderlik om die nuus te kry. Bly veilig. Hierdie uitgawe word opreg waardeer.

Leon Poolman: Ai mense. Ek is net so bly dat julle dit gedoen het. Net so bly om te sien dat julle ‘n plan in die midde van die situasie kon maak en eintlik sterker daaruit gekom het. Bravo! Mag die Bronnie van krag tot krag gaan. Van ons veterane en UVA Komitee, ‘n waardige dankbare groot saluut en respek!

Amanda Taljaard: Julle is wonderlik, dankie. Ek het begin onttrekkingsimptome kry dat ek dalk nie my Bronnie kan lees nie! 

Launique Van Der Linde: Ek is mal oor die voorblad van die elektroniese Bronnie. Dis perfek vir die maand se uitgawe. Baie dankie vir die wonderlike tydskrif selfs in die inperkingstyd.

Myda Cronje: Baie dankie vir julle oulike idee. Ons het ons Bronnie ontvang!

Lloyd Munday: Baie dankie. Selfs na ‘lockdown’ sal ek daarvan hou om dit so te ontvang.

Buks Barnard: Dit werk! Baie dankie. Papier voel altyd lekkerder, maar as die inperking dit verbied, maak ’n boer ’n plan.

Buks het die skakel om die elektroniese Bronnie op ons webtuiste af te laai, soos volg op sosiale media gedeel: Of jy in die Bronberg-gebied woon of nie, gebruik hierdie skakel om by ’n skoon, beskaafde, gebalanseerde, interessante, leesbare tydskrif uit te kom.

Antoinette van der Westhuizen: Dankie vir julle toegewydheid, selfs in hierdie moeilike tyd. 

Eugene Claassen: Graag wil ek weet of julle die Bronnie per e-pos ook uitstuur. Ek sal dit graag elke maand wil ontvang. Dit lyk baie interessant. Sterkte met die ‘lockdown’.

Kat Behrens: Wow, julle het toe een uitgebring. “Well done”. Baie slim idee. Voorspoed.

Lynette Breytenbach: Wat ‘n aangename verrassing! Heerlik aan Die Bronberger op my foon gelees. Sommer dadelik!

Emma Koekemoer: Soos altyd ‘n puik tydskrif. Hierdie dink ek maak deure oop vir nog sulke digitale uitgawes. Wow! Julle oortref julle self met ons elektroniese Bronnie. Baie dankie.

Alet Erasmus: Baie dankie vir die moeite wat julle doen! Die Bronberger is altyd ’n kleurryke en interessante ligpunt om elke maand na uit te sien. Het gewonder hoe ons hierdie maand gaan maak . . . en hier is die oplossing . . . elektronies! Baie dankie!

Marietjie Alers: Baie dankie, Bronnie. Ons dogter, Sunette, het nou net vir ons elektronies gestuur. Sterkte vir julle!

Renita de Beer: Baie dankie! Ek het so pas ’n WhatsApp gestuur en my Bronnie gekry.

Gene de Lange: Dankie vir die e-Bronnie! Ek is beïndruk met julle poging en sukses wat gevolg het. Moet nou net eers tyd maak om oop te maak en begin lees.

Esther Lees: Wat ’n verrassing om die uitgawe op e-pos te ontvang. Baie dankie. Geniet dit baie soos ons die tydskrif altyd geniet het. Nou sal my man moet leer om op die rekenaar te lees.

Yvette Otto: Baie dankie vir die moeite wat julle doen. Heerlike leesstof.

Alida de Kock: Dankie dat julle dit my vir aangestuur het. Die Bronberger is weer spesiaal soos altyd.

Salomé Coetzee: Baie, baie dankie! Geniet julle tydskrif baie!

Helena Potgieter: Ek sal baie graag die pragtige nuwe Bronnie per e-pos wil ontvang. 

Magda Harris: Baie dankie dat ons steeds die Bronnie kan lees. Word opreg waardeer!

Katy Marais: Duisend dankies vir my Bronberger. Waardeer dit baie.

Ria Els: Baie dankie! Waardeer dit. Dankie vir al die moeite wat julle doen!

Engela J Burger: Angie het regtig baie moeite met die navorsing oor Corona gedoen. Ek hou veral van ’n advertensie in die ‘Vaderland’ van 6 September 1966 waar die Toyota Corona vir R1 718, veiligheidsgordels ingesluit, te koop was.

Irma Odendaal: Baie dankie vir die elektroniese Bronnie wat julle met e-pos gestuur het. Ons het hom al lekker versprei.

Howard Phillips: Baie dankie vir die jongste uitgawe van Die Bronberger. Jou berig oor die Groot Griep is omvattend en vol inligting; dankie ook dat jy van die bron van die foto’s melding gemaak het. Miskien sal lesers die e-boek koop. Ek wil graag hoor wat hulle oor jou berig sê.

Bernice van Staden: Wat ’n wonderlike tyd om te beleef! Ek is opgewonde vir die manier wat julle die Bronnie aanhou versprei.

Gustav van Aardt: Dit is baie gaaf dankie. Ja, ek sal beslis die Bronnie per e-pos wil ontvang in die toekoms.

Gerda Palm: Ek kry altyd so twee eksemplare vir my moeder in die tehuis, want die oumensies verslind die Bronnie behoorlik en slaan amper vuis oor dit. Ja, die Bronnie maak ‘n draai in die verre Wes-Transvaal en een en almal geniet hom. Dankie vir julle harde werk en ‘n wonderlike tydskrif wat julle nog tot ons beskikking stel. Dit word opreg waardeer.

Elsie Potgieter: Baie, baie dankie vir hierdie uitstaande en puik tydskrif, Die Bronberger, wat gratis verskaf word sodat ook pensioentrekkers dit kan geniet.

Isabel Groesbeek: Baie dankie dat ek so bederf is om Die Bronberger in my e-mandjie te ontvang. Baie geluk met julle weereens lekkerlees tydskrif met resente nuus en ook die historiese artikel. Sterkte vir hierdie uitdagende tyd.

Eus de Clerk: Goeie môre aan al die kajuitbewoners. Ek wil graag versoek dat julle die elektroniese Bronnie per e-pos aan my sal stuur. Sterkte vir julle almal daar. Ek dink aan julle.

 


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger