In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Ronelle van der Merwe het dié sonsopkoms oor Onbekend op Woensdag 13 Mei vasgevang

Eus de Clerk noem dié foto van twee kolganse op ’n dam wat deur die son ingekleur is – “on a golden pond”. ’n Leser, Johan Coetzer, wat die foto op die Bronnie se Facebook-blad gesien het, meen dit is seker die ganse wat die goue eiers lê

Die hele somer het sy dié plant se blare dopgehou in afwagting dat hulle dié diep herfskleure moet kry, sê Esmé Meyer van Murrayfield

Gene de Lange van Bashewa was in die kol met sy kameraskoot toe dié kolgans op ’n hoewedam in die omgewing sy sit kom sit het

Hy trek sy kop so skeef soos dié gevlekte lyster luister wat dit is wat daar onder beweeg
Foto: Laurika van der Linde

Dié vroeë aalwynblom beur orent om eersdaags kleur aan die wintervaalte te verleen. Die Boschkopvallei is in die agtergrond
Foto: `Alet Erasmus

Op ’n wildsplaas naby Rayton was dié volstruis vol planne om ’n ‘volmodder’ te word toe Emma Koekemoer haar afneem

Vry soos ’n voël in die inperkingstyd, sweef dié valskerm-geesdriftige sonder masker of handskoene in die oop lug bokant Vaalbank. Veronica van Greunen het die foto geneem

’n Rustige toneel in Zwavelpoort se Kiepersolkamp soos afgeneem deur Engela Hennop

Op 10 Mei was Bianca Steyn opgewonde oor die vooruitsig van heerlike grenadellasap toe sy die foto van die blomwerkers in haar tuin geneem het

Soos vele ander mense is Johann van der Linde van Rooikoppies nie juis gaande oor spinnekoppe nie, maar tog het hierdie een met haar toegespinde prooi sy fotograaf-oog gevang

’n Lidkaktus kan verras as dié onopvallende vetplant die dag sy blommeprag wys
Foto: Albert Bester

Sy het waatlemoenstukkies vir die voëls in haar tuin uitgesit, maar ’n span besige bytjies het die geveerdes voorgespring, sê Liezel Yssel

As die buurman se volstruise hom so kwaai lê en aankyk, sê Gene de Lange, dan laat dit hom wonder of hulle nie dalk ’n biltongbron kan wees nie

Geduld is ook in dié ongewone tyd baie belangrik, meen Laurika van der Linde. “Die windpomp wag geduldig en gaan soek nie die wind nie.” Die foto is tussen Rayton en Cullinan geneem

Die rustigheid is opvallend op ’n grondpad in die Bronberggebied. Geen voertuig of mens, met of sonder masker, te bespeur nie
Foto: Emma Koekemoer

Anton Oosthuizen het dié foto op ’n mistige more in Cullinan se Coronationstraat geneem

Op pad oornagplek toe in die skemerlig van ’n sonsakdag op Rooikoppies
Foto: Johann van der Linde

Ragfyn vertoon die saadknop teen die sakkende son se skilderdoek
Foto: Laurika van der Linde

Gizzy is die Pretorius-gesin van Zwavelpoort se lockdown katjie. Die foto wys die Bronberg in die agtergrond
Foto: Cherise Pretorius

Ronel Legemaat van Rayton het dié wurm teen die einde van April op een van die Rooikopjes-plotte raakgeloop

Sonsondergang langs die Forfar-grondpad op 12 Mei
Foto: Ronel Legemaat

Die sesjarige Zander Pretorius spog met die monster-rose uit die Pretoriuse se Zwavelpoort-tuin
Foto: Cherise Pretorius

Denice De Beer wys dat dié dieprooi vlieëvanger-kaktusblom in haar Cullinan-tuin groter as ‘n mens se hand is
|