Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug 2009 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 18 August 2009 03:25
Untitled Document

Daar is ’n mobiele kliniek wat elke Maandag van 8 vm diens lewer by Bafana Kafee. ’n Dokter kom uit om pasiënte te ondersoek wat kroniese medikasie, soos pille vir hoë bloeddruk en hartkwale, wil hernu. Daar kom ook elke tweede Woensdag van die maand ’n mobiele tandartstrok by Bafana aan wat ’n gratis diens lewer aan die gemeenskap. Enige tandpyn noodgevalle word hier behandel deur Dr Kischner, wat net tien pasiënte op ’n Woensdag kan doen. Pasiënte moet vroegtydig ’n afspraak maak by Bafana. Die tandarts en dokter sê dat hulle die afgelope drie maande nog geen pasiënte gehad het nie. Kan dit wees omdat almal in die Bronberg- gebied blakend gesond en sonder tandpyn is? Of omdat niemand van dié gratis dienste weet nie?

xxx

Gert Mossie sê hy het nou al gewoond geraak daaraan dat die telefoondrade in die omgewing gereeld gesteel word en hy het nou al verlief geneem daarmee dat sy Telkomfoon meer buite as binne werking is. Hy weet die koper in die drade is baie werd en is daarom gesogte steelartikels. Maar nou het hy net gewonder, sê Gert Mossie, of iemand nie ’n seminaar of iets vir die koperdiewe wil reël nie. Dan kan daai iemand hulle inlig oor die waarde van herwinbare plastiek sodat die blikskottels nie die drade se swart omhulsels elke keer die hele wêreld vol laat rondlê nie.

xxx

A new sickbay opened at the Paul Jungnickel Home on 6 August. It serves as a health resource centre that consists of two medical rooms with two beds in each room and a lavatory. It is donated by the Embassy of Japan to the Kungwini Welfare Organisation for accommodating terminally ill residents and members of the surrounding community. The sickbay will offer a temporary haven to those who are gravely ill, while arrangements for a transfer to a hospital or clinic are in progress.

xxx

Tutu Wagner het op Maandag 27 Julie laat weet dat ’n vliegtuig amper boop haar donkies geval het. Dié een-motorige vliegtuigie was van Kitty Hawk af op pad na Bapsfontein, toe dinge skeefgeloop het en hy op ’n plot oorkant die ou Espada Ranch, nou Betshan, in Tierpoort geval het. Tutu sê dat die vlieënier en passasier sonder ’n skrapie uit die vliegtuigie geklim het. Ons hoor die vlieënier is ’n huurder by Kitty Hawk genaamd Neville Ferreira.

xxx

Die Bronnie, soos ons gebied se mense hulle eie tydskrif toenemend noem, is in September ’n gesonde sewe jaar oud. Daar word met opgewonde afwagting uitgesien na ons verjaardaguitgawe, wat elke jaar ’n treffer is. ’n Oorsig van die lief en leed van die afgelope jare word weer in September saamgevat in wat beloof om die grootste uitgawe nog van Die Bronberger te wees. Ons nooi ons lesers en alle adverteerders uit om deel te wees van hierdie baie spesiale bêre-uitgawe. Bel Tania by 072-089-0227, of ons kantoor by 012-996-1170 vir advertensiebesprekings of as jy as leser iets het om met jou mede-Bronbergers te deel.

 

© 2024 Die/The Bronberger