Gemeenskap veg verbete teen grondgrypers Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 20 May 2020 20:00
Untitled Document

Onwettige grondbesettings spoel vanaf Mamelodi-Oos deur Pienaarspoort na Elandshoek, Rietfontein en Nooitgedacht oor.

Volgens die gemeenskap blyk dit dat onwettige strukture opgerig word omdat geen toegangsbeheer by die onbewoonde Van Coller-grond en Delfsand-myn, wat toegemaak het, toegepas word nie.

Die gemeenskap sê dat hulle met dié twee grondeienaars gekommunikeer het, maar dat dit ongelukkig nog nie samewerking bewerkstellig het nie. Hulle oorweeg nou formele optrede en selfs regsaksie indien nodig.

Volgens die gemeenskap het Delfsand-myn ’n wetlike verpligting om die eiendom te omhein en toegangsbeheer toe te pas omdat die gemynde gebied gevaarlik is. In Desember 2019 het ’n kind van Mamelodi glo daar verdrink.


Die grondbesetters beweeg al hoe nader
Foto: Verskaf

Buiten onwettige grondbesetting, ervaar die gemeenskap ook veediefstal, inbrake en skade deur veldbrande wat na die Alpha en Echo-gebied versprei. Beplande aksies is om die bestaande brandpad op te gradeer en om dit van die poort / treinspoor regdeur vanaf die Charlie- tot in die Echo-gebied te skraap.

‘Geen onwettige betreding’-kennisgewings gaan langs die brandpad opgerig word. Daar gaan ook hekke op ’n paar ander gemeenskapslede se grond teen die rant ingesit word om veiligheidspatrollering en brandbestryding te vergemaklik.

’n Proses is aan die gang gesit om die gebied aan die ander kant van Delfsand, bo op die berg wat teen Mamelodi grens, te beveilig en maatreëls daar in plek kry.

Regsadvies gaan ingewin word en daar sal onderhandelings wees met die beeseienaars van Mamelodi, wat weiding in die gebied gebruik, sodat hulle kan help om betreders uit te hou.

‘n Beswaarskrif, waar mense ondersteuning aan dié aksies kan bevestig, is uitgestuur. Vir meer inligting, bel Herman Louw: 082-800-2694.

~*~

Op 13 Mei het ‘n groot groep mense in EFF-drag op Karel Gerber se Donkerhoek-hoewe opgedaag en erwe begin uitmeet. Karel het die polisie gebel en die grondbesetters het gesê die polisie moet maar kom, hulle sal gou reggesien word. Die grondbesetters is vort met die belofte om die volgende oggend agtuur terug te wees om strukture op te rig op die grond wat “die wittes van hulle gesteel het”.

Op die oggend van 14 Mei het sowat 20 polisievoertuie, insluitend ‘n pantservoertuig, van die Boschkopse Polisiestasie onder leiding van die stasiebevelvoerder en van die Metropolisie by die plot opgedaag. Mense van die omgewing en veiligheidsgroepe het ook opgeruk.

Karel het die Bronnie laat weet dat dit nogal ‘n indrukwekkende ‘magsvertoon’ was. Die voornemende grondgrypers het glad nie opgedaag nie.

Die grond grens aan die Lethabong informele nedersetting.


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger