Gestremdes kry wiele van Oumotorklub Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 18 August 2009 03:24
Untitled Document

Paul Jungnickelhuis vir Volwasse Gestremdes en die Nuwe Hoop Skool het ’n bedrag van R20 000 van die Pretoria Oumotorklub ontvang vir die aankoop van rolstoele.

Die geld is ingesamel met die jaarlikse Karre in die Park saamtrek. Meer as ’n honderd motorklubs stal sowat 3 000 motors uit vervloë dae daar uit. Dit is die grootste saamtrek van veteraanmotors in Afrika.


Van links na regs op die foto is: Frans du Toit, kommunikasiebeampte van die Pretoria Oumotorklub, Daleen Botes van die Kungwini Welsynsorganisasie/Paul Jungnickelhuis, Milly Spies, skakelbeampte van die Nuwe Hoop Skool en Taco Kamstra, ondervoorsitter van die Pretoria Oumotorklub.

 

© 2020 Die/The Bronberger