Versorgers trek in grendeltyd by diere in Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Toegewyde personeel by Wet Nose Dierereddingsentrum op Vaalbank het gekies om die grendeltyd saam met die diere deur te bring. Hulle kon die sentrum nie verlaat nie. Volgens inperkingswetgewing sou hulle nie elke dag van hulle huise af na die sentrum kon reis nie.

Dosyne honde, katte, perde en plaasdiere by dié sentrum moes steeds elke dag gevoer en versorg word en oefening inkry en vyf personeellede het besluit om daar in te trek om te sorg dat alles voortgaan soos dit moet.


Veronica van Greunen, Wet Nose se bestuurder
Foto: Skermgreep uit video

Sentrumbestuurder, Veronica van Greunen, sê dat dit moeilik is vir die personeel omdat hulle nie by hulle gesinne kan gaan kuier nie en glad nie die perseel mag verlaat nie. “Hulle is basies in kwarantyn saam met die diere,” sê sy.

Veronica sê dat Wet Nose steeds hawelose diere inneem ten spyte daarvan dat hulle nie aannemings mag doen tot die grendeltyd verby is nie.

Personeellid Josef Mashaba het gesê dat hy hom nie laat afsit het deur die feit dat hy nie sy gesin kon sien nie en verduidelik dat hy daar bly oor sy liefde vir diere.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger