Veterane se Mooiplaats-skouerskuur was groot sukses Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Die United Veterans Association (UVA) het van 13 tot 15 Maart ‘n skouerskuur op plot 55, Mooiplaats gehou.


Kolonel Will Endley, beskermheer van die UVA, en Pieter Haan, UVA komiteelid
Foto’s: Verskaf

Een van die organiseerders van dié byeenkoms en UVA komiteelid, Leon Poolman, sê hy wil baie graag al die ‘ou manne’, wat gehelp het om die byeenkoms te reël, bedank. “Die waarheid is . . . as jy op die veterane se knoppie druk, kan hulle steeds ’n groot impak maak,” sê Leon.


‘n Groepie veterane op parade

Johan Lok se ‘Warbirds’

Die UVA is in Augustus 2019 gestig om oud-weermaglede bymekaar te kry om ou vriendskappe weer aan te wakker. Die doel is ook om veterane te laat netwerk om nuwe bande, veral sakebande, te smee.
Die groep se beskermheer is kolonel William Endley, die man wat in Suid-Sudan gevange geneem is en tot dood veroordeel is. Hy is na 18 maande vrygelaat en is die skrywer van die boek, ‘No Justice No Mercy’.


Kolonel Wiliam Endley kom met ‘n helikopter by die skouerskuur aan

Die veterane se skouerskuur het bestaan uit ‘n parade, vlaghysing, verbyvlugte, musiek, ‘n potjiekoskompetisie, hengelkompetisie, ‘n veteraanmotoruitstalling, perdry, valskermspringers, ‘n vliegtuigvertoning, roeibootjies, vele kraampies, vermaak vir kinders en ‘n bring-en-braai.


Pret en plesier vir die hele gesin
.

Leon Poolman, UVA komiteelid en oud-Staatspresidentswag Eenheid, aan die woord

Stanley Morris en kolonel Will Endley, skrywer van die boek oor sy tyd in die dodesel in Sudan

Nico Smit, UVA voorsitter
.


Veterane bid saam


Veterane op pad na die skouerskuur op Mooiplaats om die naweek te kamp

Veterane kamp uit
.

Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger