Dié uithourit was ‘n eerste Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Die Willem Prinsloo Uithouritklub het ‘n rukkie voor grendeltyd vir die eerste keer hulle jaarlikse klubrit by Legends MX op Rhenosterfontein aangebied. Kobus en Maryke Botha, tesame met elkeen van hulle spanlede, moes op baie kort kennisgewing gasheer en -vrou speel.


Francisca Strydom en Baahir Jireh Zuhrah, tweede liggewigruiter en bes voorbereide perd

Die week voor die rit is gekenmerk deur spanning wat hoog geloop het onder die manne wat die baan moes merk, perdekampies moes bou, water moes aanlê na die waterpunte, asook die JOC-goedkeuring moes finaliseer sodat die rit aangebied kon word.


Alan Browne, voorsitter van die Willem Prinsloo Uithouritklub; Eduard Cunze, wenner van die swaargewigafdeling; Annelize Oberholser, wenner van die liggewigafdeling; Lirie Mellet, wenner van die kinderafdeling; Ewen Mellet, wenner van die jongruiterafdeling; en Kaylin Brouwer, wenner van die standaardgewigafdeling

Afstande van 40 km en 80 km is deur die ruiters en hulle perde-spanmaats aangepak. Altesaam 129 ruiters het vanaf vroeg-oggend in groepe weggespring, maar net 99 ruiters en perde het die rit suksesvol voltooi.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger