Fietswedren om kleuterskool se deure oop te hou Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Vanjaar se Diamond Classic fietswedren, wat rondom Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit uitgesweet gaan word, se doel is om fondse in te samel sodat Katjiepiering-kleuterskool sy deure kan oophou.

“Die skooltjie sal elkeen se hartsnare roer,” sê Mauritz Meyer, eienaar van die Diamond Classic-fietswedren. “Daar loop ‘n traan as ’n mens die skooltjie besoek en jy sien die pragtige kindertjies wat nie besef in watter omstandighede hulle ouers hul bevind nie. Dan word selfs die hardste hart sag,” sê hy.

Die staat het Katjiepiering-skool in 1979 in Hermanstad tot stand gebring vir voorskoolse kindertjies wat onder moeilike omstandighede grootword. In 2003 het die regering egter besluit om die skooltjie om te skakel na ‘n Artikel 21 maatskappy, wat sonder staatshulp sy opvoedingstaak moet voortsit.


Die kinders van Katjiepiering-kleuterskool

Die 61 kinders se voertaal is Afrikaans. Die meeste van die ouers is finansieel nie daartoe in staat om skoolgeld te betaal nie en ander betaal slegs ‘n gedeelte. Die kinders ontvang drie maaltye ’n dag om te verseker dat hulle nie ondervoed is of honger ly nie.

Mauritz sê dat die skooltjie se finansies nie goed lyk nie, veral nie nou met afsonderingstyd nie, en dat dit ‘n hartseer dag sal wees as hulle moet sluit. Verlede jaar het Hectic Promotions, ‘n nie-winsgewende organisasie wat fietswedrenne aanbied, die skooltjie se dak vervang omdat water in die reënseisoen die geboue oorstroom het.

“Die fietsryers het deur hulle inskrywingsgeld ‘n bedrag van R100 000 bygedra om die dak te vervang,” sê Mauritz. “Vanjaar het Hectic Promotions besluit dat ons opnuut die aandag op die omstandighede by die skool wil vestig en om die Tshwane Diamond Classic-fietswedren te gebruik om finansiële verligting vir die skooltjie te bring.”

Die wedren is op 24 Mei en fietsryers spring by Baviaanspoort Korrektiewe Sentrum weg oor
110 km of 50 km afstande. Daar gaan ook kinderwedrenne en ‘n pretdraf oor 5 km wees.


Die kleuters op hulle fietsies

Katjiepiering-kleuterskool se kinders gaan na die wedren aangery word en van die kinders gaan ook deelneem. “Hulle kan met enige iets ry wat wiele het en elkeen gaan ‘n medalje kry,” sê Mauritz.

“Ek glo dat ons wel op 24 Mei die wedren gaan laat plaasvind, maar as dit met ‘n verlengde inperkingstyd ‘n probleem is, kan dit net uitgestel word. Fietsryers wat inskryf sal nie hulle geld verloor nie, want ek moet met my gewete saamleef. Op ons webwerf bly die wedren oop vir die datum,” sê Mauritz.

Inskrywings is by www.hecticpromotions.co.za of bel Lenie Smit by 083-534-7979 of e-pos haar by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir meer inligting oor die skool, bel Annette Cunniff, wat sedert 2008 die hoof is, by 012-379-9441 of 082-772-7464 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger