Ek weet wie jy is Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Eus de Clerk van Cullinan:
Sedert Julie laas jaar probeer ek om ‘n onwettige vullishoop hier in Cullinan, skaars 50 meter vanaf die Magalies Waterwerke se grensdraad, opgeruim te kry. Rotte, muskiete, vlieë, kieme, peste en plae broei daar uit.

Die kanse dat die water in die damme besoedel kan word, is ‘n werklikheid. Daar was ‘n artikel van my in dié verband gepubliseer in Die Bronberger van Augustus 2019, asook ‘n brief in die Maart 2020 uitgawe.

Aanvanklik het ek nie geweet aan wie die grond waarop die vullishoop ongesteurd groei, behoort nie.

Ek het die owerhede – Tshwane munisipaliteit, Metro polisie en verskeie departemente genader. Na vele telefoon oproepe, WhatsApps, SMS’e, e-pos, vergaderings en besprekings, het die munisipaliteit die eienaar van die grond opgespoor en hom skriftelik aangesê om die gemors skoon te maak.


Die onwettige vullishoop

Toe ek dié nuus kry, was ek heel tevrede – al my moeite was darem nie verniet nie. Daar is nog hoop vir die mensdom. Maar die storie het ‘n bitter nadraai.

Een oggend kry ek ‘n oproep van ‘n persoon wat sommer met die intrapslag aan my vra: “Wie dink jy is jy? Wie het jou aangestel om polisieman te speel?” Dit blyk toe dat dit die eienaar van die vullishoopgrond is.

Hoe hy my kontaknommer gekry het, weet ek nie. Ek gee ook nie om nie. Duidelik was dit ‘n poging van hom om my te intimideer. Ek het egter die gesprek onmiddellik kortgeknip voordat my eks-sammajoor woordeskat oorneem.

Aan hierdie meneer wil ek net sê: “Jy het nou ‘n ou slapende hond wakker gemaak. Groot fout! Ek het baie meer byt as blaf. Jou gemors sal nou opgeruim word. Ek weet ook nou wie jy is.”  


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger