Beskerm grondwater Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Dries Herbst van Bashewa:
Ek het ’n ding op die hart. Dit gaan oor grondwater en mense wat die grondwatervlak so baie aftrek dat aangrensende ploteienaars nie water uit hulle boorgate kan pomp nie.

Die meeste boorgate is maar in rotsverweringskomme. Wanneer die grondwatervlak te laag daal, word die verweringskomme nie gevoed nie. Grondwater moet beheer kan word soos damvlakke. As damvlakke te laag val dan word waterbeperkings ingestel. Dieselfde moet kan geld vir grondwatervlakke.

Gelukkig het die waterwese-minister nou aangekondig dat mense wat besproei watermeters moet aanbring. Seker ’n stap in die regte rigting, maar hoe lank gaan dit vat? Intussen gaan die misbruikers voort.

Toe ek in die laat 70’s op Bashewa ingetrek het was die grondwatervlak 18 meter van bo. Dit is nou 38 meter van bo. ’n Twintig meter verlaging in watervlak is ’n massiewe volume water wat onttrek word. Reënval in die gebied is te min om die grondwatervlak te stabiliseer en drastiese stappe is nodig.

Meer as drie maande gelede het ek ’n klagte by die minister van waterwese ingedien oor die beheer van grondwater. Dit was ‘n geregistreerde brief. Twee weke later het die brief nog in Kaapstad on-afgehaal by die poskantoor gelê. Ek het per landpos opgevolg en vier maande later nog niks.

Nou wonder ek hoeveel gaan word van die watermeterbeslissing? Ons is uitgelewer aan water-misbruikers.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2020 Die/The Bronberger