Het jy gehoor? / Have you heard? - Mar2020 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 25 March 2020 06:45
Untitled Document


Die Welbekend Brandbestrydingsvereniging se algemene jaarvergadering is op 18 April om 9 vm by Laerskool Witpoort. Vir meer inligting bel Nic Woodrow by 082-924-4259.

~*~


Die RockspiderFest word op 28 en 29 Maart by Sandwani, noord van Cullinan gehou. Groepe wat gaan optree strek van Beeskraal, Soms Wen Die Wolf, Saarkie en The Black Cat Bones en individuele kunstenaars sluit in Anton Goosen, Roan Ash, Stiaan Reyniers en Andra. Daar gaan ‘n verskeidenheid vlooimarkkraampies en ‘n biertuin wees. Optredes is van 11 vm tot middernag. Toegang is R350 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 12 jaar. Sandwani is op Boekenhoutskloofdrift. Vir aanwysings, skakel 082-782-1045. Bespreek jou kaartjies by www.howler.co.za/rockspiderfest.

~*~


The Pretoria Gin Festival is on 28 March from 11 am at Fire and Wine, plot 43, Zwavelpoort on the Boschkop Road. You can expect more than 15 gin distillers, food trucks, live music and incredible DJ’s. Tickets cost R180 and include a complimentary gin glass and three tasting tokens per person. Picnic blankets are welcome. Children under the age of 18, accompanied by an adult, may enter free of charge. Alcohol is not for sale to persons under the age of 18. Tickets are available at www.howler.co.za.

~*~


Die Protea Cullifest is van 25 tot 27 April. Dit is dié fees se 20ste herdenking, asook die NG Kerk Premiermyn se 100ste bestaansjaar. Die fees is op die NG Kerk Premiermyn se terrein in Zonderwaterweg, Cullinan en dien ook as ’n fondsinsameling vir die kerk en die Christelike Maatskaplike Raad. Daar is iets vir oud en jonk, van ’n biertent tot ’n pretpark en kraampies met eetgoed, drinkgoed, mooi goed en blommekraampies waar beperkte hoeveelheid proteas en ander plante te koop sal wees. Feesgangers kan voor die buitelugverhoog uitspan vir ’n dag van topklas-vermaak deur bekende stemme in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, soos Jo Black, Roan Ash, Saarkie, Appel, Janie Bay, Liezel Pieters, Leah, Die Flooze, Fatman en Onbeskaamd. Met verlede jaar se fees het amper 10 000 mense deur die hekke gestroom. Kaartjiepryse is R100 vir volwassenes; R80 vir pensioentrekkers; R50 vir kinders; en kinders onder twee jaar oud gaan gratis in. Skakel 083-865-0563.

~*~


CRAFTher arts and crafts workshop is held on 4 April from 9 am to 2 pm at Kungwini Welfare Organisation (KWO), Lynnwood Road extension, Zwavelpoort. Build your own clock or picture frame and enjoy a day of cake and wine with your friend, mother, sister or daughter while indulging in some DIY. The cost is R350, including supply kits and equipment. Refreshments are on sale. Book by 1 April. Phone KWO at 012-940-0221 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Dozi tree op 27 Maart om 8 nm by Rockwood-teater se Musiekskuur op. Dié veelsydige sanger het sy eerste album, ‘Mercy’, in 1999 vrygestel en het sedertdien 18 albums die lig laat sien. Hy werk aan sy nuutste album wat hierdie jaar vrygestel gaan word. Kaartjies kos R160. Die teater is in Parkview-winkelsentrum, op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.

~*~


Internationally acclaimed hypnotist Max Kaan is performing at Lagom on 26 March at 8 pm. Max has built a remarkable track record spanning two decades and has performed in many countries with over 3 000 stage show presentations. Tickets for the show cost R120. Tickets for dinner and the show cost R265. Lagom is at Ridge Square On Lynnwood, on the corner of Lynnwood Road and Albeth Street, The Willows. Phone them at 083-420-3259 or 083-281-7284.

~*~


Die Gauteng Proteafees is van 25 tot 27 April by Legends MX, R515, Rhino Park op Rhenosterfontein. Besoekers kan uitsien na ‘n kunsmark, teater, potjiekoskompetisie, ‘n in-vlieg by die vliegbaan, slange, ‘n veilige kinderarea, ‘n pretpark, diereplaas, kameelritte, ‘n 4x4 uitdaging, vliegritte, GTR renjaag, klassieke karre, ‘Beast of the East’ fietsren, Noord-Gauteng landloop, MX resies, uithouritte, proteas en ander plante, kos en lekkernye en ‘n bier- en wyntuin. Daar is ‘n verhoog vir bekende musikante, soos Francois van Coke, Bok van Blerk, Jay, Lianie May, Karlien van Jaarsveld, Refentse, Dirk van der Westhuizen, Dewald Wasserfall, Die Cambells , Martin Bester, Pieter Koen, Arno Jordaan en Pieter Smit, en ‘n tweede verhoog vir opkomende sangers. Besoekers kan ook uitsien na ses teatervertonings en ‘n boekefees waar skrywers hulle boeke gaan bekendstel. Kaartjies kos R85 by die hek en R70 aanlyn. Besoek https://proteafees.com.

~*~


‘Lenny & Hugo’ is op 24 Maart om 11 vm op die planke by Atterbury-teater. Die twee karakters is beste maatjies en kinders kan vir ‘n uur lank saam met Lenny die leeutjie en Hugo die hiëna dans, lag en speel. Kaartjies kos R85. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951.

~*~o


Die volgende Vaalbank Kontreimark is op 28 Maart van 9 vm tot 2 nm op plot 54, Vaalbank, langs Wet Nose op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Die mark word deur Karen Compion aangebied. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

~*~


Landboukorrels Winterdag word op 22 April om 9 vm deur Hinterland Cullinan by die Cullinan Boere-unie saal op die R513 aangebied. Gaan luister hoe kenners praat oor wintervoeding en -bestuur. Bel Henri Combrink van die Cullinan Boere-unie by 082-552-9428 of Lynette du Plessis van TLU SA by 012-804-8031.

~*~


Maragon Mooikloof is organising a gourmet food and craft market for the whole family on 28 March from 9 am to 9 pm. Exhibitors, food vendors and entertainers for children are welcome to participate. Phone Angie at 072-758-7436. The venue is at 652 Eland Street, Mooikloof.

~*~


‘Inleiding tot Byeboerdery’ is die naam van ‘n kursus wat op 28 Maart van 1 nm tot 8 nm op die KragDag-terrein, Diamantvallei Landgoed, Rhenosterfontein aangebied word. Die kursus kos
R1 300 en is gemik op diegene wat belangstel om met bye te boer, die wat reeds boer maar meer praktiese inligting en ervaring benodig en selfs die wat dit net as ‘n stokperdjie wil aanpak. Werklike byekorwe met bye sal bestudeer word en kursusgangers sal van beskermingspakke voorsien word. Omdat daar gewoonlik in die aand met bye gewerk word, sal die kursus eers in die middag begin. Ná die teoretiese gedeelte is daar ‘n vleisbraai, waarna die praktiese gedeelte sal volg. Skakel 087-231-1644 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


A breed awareness and adoption fun day in support of six breed rescue organisations is held on
28 March from 10 am to 3 pm at Valley Farm Animal Hospital. The organisations will be there to educate everyone about their breed. They will be looking for good homes for the rescued pets in their care and will also be selling goodies to raise money for their charity.

Refreshments will be on sale. The venue is at 829 Old Farm Road, Faerie Glen. Phone them at
012-991-3573.

 

© 2024 Die/The Bronberger