Helikopter ontbied om Olympus-meisie te red PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 March 2020 06:42
Untitled Document

‘n Helikopter moes ‘n gevaarlike landing doen om ‘n agtjarige meisie, wat van ‘n balkon by ‘n landgoedontwikkeling in Achillesweg, Olympus afgeval het, te red.

Die meisie het drie meter ver geval en haar beserings was so ernstig dat sy dringend met ‘n lugambulans na ‘n hospitaal in Johannesburg vervoer moes word.


Die helikopter moes in ‘n baie beknopte ruimte land
Foto’s: VEMRU

Vrywilligers van die Volunteer Emergency Medical Response Unit (VEMRU) is uitgeroep en woordvoerder vir VEMRU, Casper Visser, sê dat hulle eenheid dadelik die gevorderde lewensondersteunende paramedici van Netcare 911 uitgeroep het.


VEMRU se hulpvoertuig voor die landgoed se toegangshek

Bull Security, Brinant Security en Fidelity ADT het die paramedici op die toneel bygestaan.

Casper sê dat die meisie aan harsingskudding ly en dat sy haar arm op twee plekke gebreek het. Teen Die Bronberger se saktyd was sy stabiel.

 

© 2019 Die/The Bronberger