Vermeende rower by skool doodgeskiet PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 March 2020 06:33
Untitled Document

‘n Rooftog by ‘n Donkerhoekse skool het skeefgeloop toe een van die vermeende rowers deur die skool se veiligheidswag doodgeskiet is.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Yeroboam Mbatsane, het dié man en twee medepligtiges glo die Sondagnag, 23 Februarie, by die Lesedi Sekondêre Skool ingebreek in ‘n poging om rekenaars te steel.

Die skool is op plot 82 Donkerhoek, langs die Ou Bronkhorstspruitpad, naby die aansluiting van die Pienaarspoortpad.

Die rekenaars het reeds buite die klaskamer gestaan toe die wag daar aankom. Een verdagte is twee keer geskiet en op die toneel dood verklaar. Volgens sersant Mbatsane het die ander twee mans, een van hulle gewapen, weggekom sonder om enige gesteelde goedere saam te neem.

Die polisie ondersoek ‘n saak van inbraak en moord.

 

© 2019 Die/The Bronberger