Span Joubert wen weer Goliat-titel Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 25 March 2020 06:27
Untitled Document

Die wenpampoen in vanjaar se Goliat van Gat-kompetisie het 420 kg geweeg en is ingeskryf deur Span Joubert: Peet en Sonja met hulle dogters Megan en Carmen. Span Joubert het verlede jaar se kompetisie ook gewen met ‘n pampoen, genaamd Bubble, wat 564 kg geweeg het.

Dié kompetisie was op 7 Maart by die Pretoriase Boeremark in Silverton. Megan Joubert het die tweede plek gekry met ‘n pampoen van 207 kg en Wykus Lamprecht se derde-plek- pampoen het 158 kg geweeg.


Henri Combrink, voorsitter van die Cullinan Boere-unie, links, saam met die wenspan van die Goliat van Gat 2020 kompetisie. Peet en Sonja Joubert met hulle dogters Megan, by haar pa, en Carmen by haar ma. Die wenpampoen het 420 kg geweeg
Foto: Goliat van Gat Pampoenfees

Die kompetisie word elke jaar deur TLU SA se Cullinan Boere-unie gereël en dit is waar die fees se naam vandaan kom – Cullinan is bekend vir die groot gat waar die bekendste diamant in die wêreld uitgehaal is.

Die kompetisie-pampoene is ná die fees verwerk en aan behoeftige mense geskenk.

 

© 2020 Die/The Bronberger