Ou foto’s Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 25 March 2020 06:10
Untitled Document

Tienie Cloete van Daspoort:
Ek lees hier in die Februarie-uitgawe dat dr Ernie Jacobson vertel van ’n versameling foto’s van burgemeesters wat vergaan het met die brand van Munitoria.

Ek gee graag vir jou ’n dame se naam wat regtig haar hart op Pretoria se geskiedenis gesit het, Rosa Swanepoel. Kontak haar gerus. Ek glo sy sal jou help met foto’s en die geskiedenis van Ou Pretoria.

Dankie vir ’n puik tydskrif. Hoe sê die Ingelsman . . . “Keep up the good work.”

Dankie, Tienie. Ons het die versoek so na Rosa deurgestuur. – Red

Rosa Swanepoel antwoord:
My navorsingsveld is Pretoria voor 1900, dus van die ZAR. Ek het nou ook begin om poskaarte te versamel, so my versameling is nou tot ongeveer 1920. Ek het geen foto’s van burgemeesters op my rekenaar nie. Daar is wel ses fotos in die stadsraad se boek, ‘Eeufees-album. Pretoria se eerste eeu in beeld’.

Probeer inligting kry by Freda Green, verbonde aan die stadsraad se biblioteek.

Soos wat dikwels in die Bronnie gebeur, is daar lesers wat na vore kom met inligting wat niemand ooit sou kon dink beskikbaar is nie. ‘n Verrassende antwoord oor die verlore burgemeester-foto’s volg in Anton Jansen se brief. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger