Plundering volg op diesel-lekkasie Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 26 February 2020 10:08
Untitled Document

‘n Diesel-lekkasie op Mooiplaats het grootskaalse plundering tot gevolg gehad. Die brandweer en amptenare van omgewingsake was op 24 Januarie op die toneel en die polisie moes die plunderaars verdryf.

Die Boschkopse polisie ondersoek ‘n lekkasie by ‘n ondergrondse dieselpyp langs die Donkerhoekpad op Mooiplaats. Polisiewoordvoerder, sersant Tsietsi Lamola, het gesê dat inwoners van die omgewing na die toneel gelok is omdat hulle probeer het om die diesel op te skep.


Die vrede is ná die grootskaalse plundering herstel
Foto’s: Verskaf

Tsietsi het gesê dat die vrede herstel is en dat geen beserings gerapporteer is nie. Die polisie kon nie bevestig dat die lekkasie deur onwettige Zama Zama-myners, wat in die omgewing werksaam is, veroorsaak is nie.


Beskadigde infrastruktuur

‘n Direkte vertaling van Zama Zamas beteken “diegene wat aanhou en aanhou probeer”. Hulle is gewoonlik brandarm, desperaat, ongeskoold en maak ‘n karige bestaan uit onwettige mynbou. Hulle is nie in mynboupraktyke opgelei nie en gebruik baie basiese gereedskap in kombinasie met geweldige waagmoed.


Die diesel-lekkasie

Die term ‘Zama Zamas’ word gewoonlik in die goudmynbedryf gebruik, maar in ons omgewing is hulle waarskynlik na diamante op soek.


‘n Dieseldammetjie op Mooiplaats

Die polisie ondersoek ‘n saak van sabotasie van belangrike infrastruktuur en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 

© 2020 Die/The Bronberger