Twee blouwildebeeste is van ‘n wrede dood in strikke op Klipkop gered deur natuurfotograwe, wat nie hulle name genoem wil hê nie.
Dié vroulike fotograwe, wat altwee al vir voorbladfoto’s van die Bronnie verantwoordelik was, het op 17 Januarie op die toneel afgekom.
Dit het ‘n gespook en spartel afgegee om die blouwildebees te bevry
“Ons het gery om foto’s te neem en toe ons by ‘n bos verby ry, sien ons ’n blouwildebees met ’n kabel om hom,” vertel die een fotograaf. “Ons het nader gestap en toe die bul gewaar waar hy gespook en gespartel het om los te kom.”
Die kabels waarmee stropers die strikke gestel het
Sy vertel dat hulle niks by hulle gehad het om die strikke los te maak nie. Hulle het hulp ontbied en ná die span helpers daar aangekom het, het hulle bykans ‘n halfuur gesukkel om die koei los te kry. Die bul het self losgeruk.
Die blouwildebees sit in die strik vas
Hulle het die res van die strikke afgesny en die fotograwe sê dat daar geen ernstige beserings aan die diere sigbaar was nie.
“Gelukkig kon ons hulle bevry. Dit is baie hartseer en ons weet nie hoe lank hulle vasgevang was nie,” sê sy.