Aapstreke Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 26 February 2020 10:06
Untitled Document


Een van Cullinan se blouapies sit op ‘n Oudorpse dak en geniet die mielie, wat hy in ‘n sypaadjie-groentetuin reg onder dié dak buitgemaak het. Die eienaar van die sypaadjietuin het wedvlugduiwe en hou die netjiese tuin as voer-aanvulling aan. Dié enkellopende aap het die afgelope twee jaar ‘n bekende gesig in Oudorp geword. Groepe apies is glo ook doenig in Hospitaaldorp, waar mense kla dat asbliksakke oopgeskeur word, en ‘n alleenloper word gereeld naby die restourante in Oaklaan gesien. Of dit dieselfde ou as hierdie een is, weet niemand nie

 

© 2020 Die/The Bronberger