Dankie, tannie Lynette PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 26 February 2020 09:57
Untitled Document

Juanita Jamneck van Mooiplaats skryf:
Ek het ‘n bietjie laat geslaap met hierdie brief, maar ek moet vertel van die heerlike Kersete by Kitty Hawk se restaurant. Tannie Lynette Breytenbach is mos terug daar. Ons is maar ‘n klein familietjie van vyf, maar my man se niggie wou met alle geweld die vetkoeke inpak!

Tannie Lynette en haar personeel het agteroor gebuig om te help met my ma se kos aangesien sy net kos wat met ‘n versapper fyngemaak is, kan eet en selfs sy het dit verskriklik geniet.

Ons ken tannie Lynette al vandat ons 18 jaar gelede in die Bronberg-gebied ingetrek het. In daardie dae het ons elke Vrydagaand by haar en oom Nico by Nikos gaan kuier. Ons hoop die braai-aande gaan ook weer gebeur.

Brief verkort. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger