Bron van skooltake Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 26 February 2020 09:55
Untitled Document

Roline van Essen van Die Wilgers skryf:
Julle artikels oor die geskiedenis van ons omgewing is so interessant!

My dogter moet ’n geskiedenistaak doen oor die woonbuurt waar ons woon. Ek het op Die Bronberger se webblad afgekom en het ’n paar baie interessante artikels oor Die Wilgers (waar ons woon) gekry.

As deel van die taak moet sy inligting inwin deur met een of meer persone ’n onderhoud te voer. Sal dit moontlik wees dat ons met julle ’n afspraak kan reël? Of weet julle van iemand anders wat ons kan kontak wat meer inligting oor die geskiedenis van Die Wilgers het.

Ons het vir Roline ‘n paar kontaknommers gestuur. Oor die afgelope 18 jaar het die Bronnie een van die – ‘n mens kan maar sê – hoofbronne van skoolkinders se take geword. Dit was een van die redes hoekom ons aanvanklik ’n webblad begin het – sodat ouers self daar die inligting kan aflaai met erkenning aan Die Bronberger, natuurlik. Ons help graag waar ons kan en is trots daarop dat die Bronnie dubbel en dwars deur oud en jonk gebruik word. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger