Oppermans van toeka PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

Hendrik Opperman van Henopper Melkery skryf:
Goeie middag, alle Bronnies. Baie dankie vir julle volgehoue interessante artikels. Ek wil net ‘n regstelling maak ten opsigte van foto’s op bladsy 20 van Die Bronberger; September 2019:


Die foto wat Hendrik van die Opperman-broers het

Die drie Boere op kommando is, van links na regs: My oupa PA Opperman (Groenflip); sy broer Hans (Hans Eendjies vanweë sy groot hande, en nie Groot Hand Eendjies soos die onderskrif nie); en hulle swaer, Baltus Erasmus, kinders van RWJ Opperman.

Die ander foto is PA Opperman, RWJ Opperman se oudste broer en Witflip Opperman se oupa. ‘n Mens kan op die foto sien dat Witflip na sy oupa geaard het, ne? Bygesê te kan wees is dat Witflip Opperman, Joey Opperman se oupa was.

Ek stuur ‘n nuwe foto van die Opperman-broers. Links voor is RWJ Opperman (vierde broer); derde van links is PA Opperman (die oudste broer) en middel agter is hulle halfbroer, PL Uys (die jongste).
Groete, van Hendrik Opperman, oudste seun van Daniël Jacobus Opperman.

 

© 2019 Die/The Bronberger