Beloning om moordenaar vas te trek PDF Print E-mail
News - Ons voorblad
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

‘n Beloning van R50 000 is vroeg in Januarie uitgereik vir inligting wat kan lei tot die wettige arrestasie en skuldigbevinding van Chris Böhme se moordenaar.

Chris is die oggend van 29 Oktober verlede jaar in sy huis in ‘n sekuriteitskompleks in Garsfontein deur ‘n plaaslike tuinier gevind. Hy is ongeveer 3.15 vm een keer in die kop geskiet.

‘n Samsun A70 selfoon (wat afgesit is), Nikon D7500 kamera, beursie en rugsak is vermis. Die 43-jarige Chris was ‘n elektroniese ingenieur, sakeman en die hoof-sagteware-ingenieur en mede-stigter van Pinkmatter Solutions. In 1998 het hy met netwerksekuriteit en kriptografiese toestelle begin. Hy was besig met data-ontginning en satellietbeeld-interpretasie en inligting-visualisering.

In 2007 was hy mede-stigter van Paterva, waar hy gewerk het met Maltego, wat wyd in ondersoeke en wetstoepassing gebruik word in netwerk-ontleding en die versameling van inligting op sosiale media.


Chris Böhme
Foto: Verskaf

Volgens inligting verskaf deur private speurder, Mike Bolhuis, het onbekende indringers toegang tot Chris se huis verkry vanaf die Moreletaspruit langs die kompleks, Ouland, in Coleyweg 737, naby die hoek van Salomon Mahlangu-rylaan (Hans Strijdom) en Delfilaan.

Mike sê volgens inligting wat in sy ondersoek verkry is, vermoed hulle dat Chris wakker geword het toe hy die indringers gehoor het en sy voordeur opgemaak het. Hy is daar deur die kop geskiet. Daarna het die indringers twee van die staalstawe in die veiligheidshek oopgebreek en so die huis binnegekom.

Volgens Mike was daar voorheen inbrake in Ouland en omliggende veiligheidskomplekse. Vroeër vanjaar is ‘n gat in die Clear Vu-veiligheidsheining gesny.

Die saaknommer vir Chris se moord is Garsfontein 573/10/2019 en die ondersoekbeampte is sersant Mokwena: 082-547-8932.

Die Mike Bolhuis-speurspan se spesialis-ondersoeker is Vince Harris: 082-673-1830 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger