Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2019 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 10 December 2019 07:57
Untitled Document


The Novaseek Mountain Biking Summer Camp is held at various tracks in and around Pretoria from 9 to 13 December from 7 am to 4.30 pm daily. The camp is for children aged six to 18 years old and involves a holiday programme where you can drop the children off in the morning and collect them in the afternoon. They will be taken to a different venue every day and will get two hours skills training and one hour leadership training. A week pass (five days) is R2 700 per child and a day pass is R480. The drop-off point is at Doxa Deo Faerie Glen on the corner of Atterbury and Olympus Roads. Phone them at 082-833-1001 or book at www.novaseek.co.za.  

~*~


Op 16 Desember word daar Geloftefees gehou by die Voortrekkermonument. Elke jaar op 
16 Desember skyn die son om twaalfuur in die middel van die senotaaf. Bokant die heldesaal is ‘n koepel met ‘n opening waardeur die son skyn. Die senotaaf is slegs ‘n simboliese graf, wat die rusplek van Piet Retief en al die Voortrekkers wat in die Groot Trek gesterf het, voorstel. Skakel 012-326-6770 of 012-323-0682 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Lenny en Hugo’ word op 9 Desember om 11 vm by die Atterbury-teater opgevoer. Die twee karakters is beste maatjies en saam beloof hulle ‘n vertoning uit die boonste rakke vir die hele gesin. Gaan dans, lag en speel saam met Lenny die leeutjie en Hugo die hiëna. Kaartjies kos R85. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Klitsgras se laaste tromsirkel van die jaar is op 14 Desember van 5 nm tot 1.30 vm. Klitsgras is op plot 62 Leribisiweg, Tierpoort. Bel hulle by 083-311-0025.

~*~


Kunstenaar en beeldhouer van Bashewa, Francois Breytenbach, stal van sy beelde, onder andere die gevleuelde Icarus-beelde, uit by ‘The Good, The Bad and The Ugly’ by Inhabit@ Karoo Café in Lynnwoodweg. Die uitstalling is tot 15 Desember.

~*~


Dans die nuwe jaar in by Die Hoek op plot 30, Kaalfontein se Oujaarsdans en braai. Vat jou eie vleis en eetgerei. Die pap en vuur word voorsien. Skakel die kroeg: 071-689-1632 of Theunetta: 082-691-1703.

 

~*~


Musiek van die afgelope vier dekades word in ‘80’s to Now’ by Rockwood-teater van 19 tot
21 Desember om 8 nm aangebied. Van U2, Human League, Queen, Simple Minds, Prince en Madonna tot Phil Collins, Billy Ocean, Tears for Fears en Johnny Clegg uit die 80’s tot Mariah Carey, Red Hot Chilli Peppers, Roxette, Alanis Morissette, Backstreet Boys, Celine Dion, Spice Girls en The Cranberries uit die 90’s. Musiek uit die eerste en tweede dekades van die 2000’s strek van Beyoncé en Robbie Williams tot Lady Gaga, Pharrell Williams, Bruno Mars, Taylor Swift en Ed Sheeran. Kaartjies kos van R99 tot R175. Die teater is in die Parkview Winkelsentrum op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.

~*~


Steve Hofmeyr tree op 21 Desember by Weiveld in Zwavelpoort op. Kaartjies kos R80 en sitplekke moet voor 7.30 nm ingeneem word. Geen onder 18’s word toegelaat nie. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging op plot 49. Skakel 071-471-6698.

~*~


GoSport Night is having a Christmas Night trail run on 21 December from 6.30 pm to 9.30 pm on Hazeldean Trails at The Cowhouse Market. The entry fee for the 5 km run is R75 en for the 10 km, R100. Finishers can choose between a medal or a beer. There will be a special night market until
10 pm with free parking, a free play area for children, live music and gourmet market food and drinks. Headlamps or torches are required. The venue is at Ridge Road, Hazeldean. Phone them at 072-399-0154 or book directly at www.bouttime.co.za.

~*~


Die laaste Windpomp handwerkmark vir die jaar is hulle Kersmark op 14 Desember van 8 vm tot
2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware, Boerbrood, pasteie en varsgebak. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Die Boskombuis hou ’n Oujaarsaanddans op 31 Desember teen R60 per persoon. Etes is beskikbaar en bespreking is nodig. Die musikant is Jimmy Wiggins. Die Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Bespreek by Renee: 083-485-2529 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Marvel Universe Live’ is from 24 January to 9 February at Time Square Sun Arena at 209 Aramist Ave, Waterkloof Glen. Marvel fans assemble for this live battle where the Avengers, the Guardians of the Galaxy and Spider-Man join forces with Doctor Strange, master of the mystic arts, in a race against time to recover the Wand of Watoomb before it falls into Loki’s hands. Star Lord, Gamora, Rocket, Groot and Drax make their live show debut. Alongside Iron Man, Captain America, Thor, Black Panther, Hulk, Black Widow, Wasp and Iron Fist, the Guardians of the Galaxy help fight the scheming, menacing and loathsome villains Loki, Yondu and Green Goblin. Tickets cost from R265. Bookings can be made via 011-780-7855.

~*~


Die Vaalbank Kontreimark het na Kakiebos op die Rayton/Cullinan-pad (R515) geskuif. Die volgende markdatums is 7, 14, 16 en 21 Desember. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp: 081-271-2300.

~*~


Die Garsfontein Mandjiedansers hou ‘n Oujaarsaanddans op 31 Desember met musikant Hannes Swart. Vat jou eie drankies en eetgoed saam of koop koeldrank en water by die dans. Kaartjies kos R100 vir dié wat vroeg bespreek en R200 by die deur. Koffie, tee, glase, ys, ligte versnaperings en vonkelwyn is ingesluit. Die drag is semi-formeel. Bespreek per WhatsApp by Jacoba: 076-527-5720, of by die weeklikse sosiale dans.

 

© 2019 Die/The Bronberger