Landdros se moordenaars lewenslank tronk toe PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 10 December 2019 07:52
Untitled Document

Drie mans is skuldig bevind aan die moord van ‘n Cullinanse landdros en het al drie lewenslange vonnisse gekry.

Die Bronberger het verlede jaar berig dat die 50-jarige Victor Mabunda op 10 Januarie 2018 koelbloedig doodgeskiet is in die oprit na sy huis in Prinsloostraat 52 A, Bronkhorstspruit. Hy is glo van Cullinan na Bronkhorstspruit agtervolg waar hy vier keer geskiet is en op die toneel dood verklaar is.


Victor Mabunda
Foto: Verskaf

Thomo Michael Ngoato (29), Paulos Fourie (35) en Thato Surprise Maringa (40) is op 31 Oktober in die Pretoriase Hooggeregshof gevonnis. Polisie-ondersoeke het gevind dat Victor ten tye van sy dood besig was met ‘n hofsaak waarin Thomo Michael Ngoato, ‘n tronkbewaarder by Baviaanspoort Korrektiewe Dienste, in hegtenis geneem is en skuldig bevind is vir dwelmverkope aan gevangenes.

Victor is vermoor voor hy vonnisoplegging kon lewer.

 

© 2019 Die/The Bronberger