Geseënde Kersfees PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 10 December 2019 07:45
Untitled Document


Ons span ’n bietjie uit
Soos reeds die afgelope 17 jaar gebruik geword het, beplan Die Bronberger se mense om weer vanjaar oor die Kersvakansie ’n bietjie uit te span en asem te skep.

Ons kantore sluit op Vrydag 6 Desember en maak weer amptelik oop op Vrydag 3 Januarie 2020. Ons sperdatum vir die eerste uitgawe van die nuwe jaar (vir advertensies en bydraes) sal op Woensdag 15 Januarie wees en dit word beoog om op Woensdag 22 Januarie 2020 te begin met verspreiding.

Die skoolvakansie eindig ook op 15 Januarie en teen die tyd dat die jaar se eerste Bronnie ons lesers bereik, behoort almal weer geesdriftig die skouer aan die wiel te hê.

Vir diegene wat weggaan vir die vakansie wens ons ’n veilige en voorspoedige reis toe. Dit is verder ons hoop en wens dat almal wat reis of met Jan Tuisbly se karretjie ry, ’n wonderlike vakansie- en uitspantyd sal geniet. Mag tyd wat bes moontlik saam met familie en vriende deurgebring word, vervulling, vrede en rus meebring.

Ondanks die vakansietyd kan die Bronnie steeds bereik word. Adverteerders en lesers met enige navrae, wenke of ruimtebespreking, is baie welkom om met ons kontak te maak: 

Tania: 072-089-0227; Angie: 083-959-1016; Gerhard: 082-377-6807, Hannes 072-992-5440. Of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger